Liefdestale van God

Ons het Saterdag uitgewyk na ‘n naburige stad om ‘n maraton te hardloop, die rede,  ‘n vriendin met groot drome wil kwalifiseer vir die groot C. Ek stel noukeurig vir ons ‘n tyd per kilometer ratio kaartjie op. Ons gaan hierdie ding doen, maak nie saak wat nie!

Ons hardloop die eerste 18km gemaklik saam, maar daarna sinchroniseer ek en my vriendin nie meer goed nie. Sy slaan met gereelde intervalle oor na ‘n blitsvinnige stap-pas, wat vir my, wat nie gewoond daaraan is nie, groter inspanning is as die mak draf-tempo waarteen ek hardloop. My vriendin stel later voor dat ons liefs elkeen teen sy eie pas verder gaan, en ek stem met teenstrydige emosies in : spyt omdat ek die gemeensaamheid van saamhardloop moet verlaat, verlig dat ek kan hardloop teen ‘n pas wat vir my gerieflik is. Ons voltooi albei die maraton, en ek leer ‘n les of wat in die proses.

Op pad terug huis toe merk Liefman op dat ons geestelike lewe ook so werk. Elkeen is op die einde verantwoordelik vir sy eie geestelike wandel. Ek dink oor hoe verskillend ek en Liefman geestelik groei. Hy sal ure lank voor sy rekenaar sit, omring deur Bybels en notaboeke, en hom verloor in diep studie van die Skrif. Ek is ook lief vir die Woord, maar sal eerder ‘n hartroerende Psalm oor en oor lees, of na geestelike musiek luister, en aangeraak en verkwik verder op my pad gaan. ‘n Natuurtoneel soos ‘n reënboog of ‘n sonsondergang laat my ook baie na aan God voel. Is die een manier reg en die ander verkeerd? Natuurlik nie, ek glo dat God self ons verskillend gemaak het. Hy het in elkeen van ons ‘n verlange geplaas wat net Hy kan vul, maar jou verlange word nie noodwendig op dieselfde manier as myne gevul nie. Ek hou daarvan om daaraan te dink as die “Liefdestale van God”, Sy unieke manier om ‘n verhouding met elkeen van Sy kinders te bou.

Stap jou eie pad saam met God, nie soos wat jy dink jy dit behoort te doen nie. Wees bewus van jou geestelike liefdestaal, die dinge wat God gebruik om jou geestelik te voed en te verkwik. Aanvaar dat ander van jou gaan verskil, respekeer dit en gee elke persoon wat jou pad kruis, die ruimte om sy geestelike individualiteit uit te leef. En skep genoeg tye waarin jy en God die vreugde van saamwees kan waardeer en geniet.

This entry was posted in Geestelik, Hardloop. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s