My held

Ek blaai gisteraand deur een van Liefkind se graad 2 werkboeke. Ek kyk ontroerd na die laaste voltooide opdrag. Die opskrif lees “My held of my rolmodel”. As voorbeeld is foto’s van Oscar Pistorius en Natalie du Toit gebruik, met ‘n kort beskrywing van elk se prestasies. Daar word van die leerder verwag om ‘n tekening van haar held te maak, en ‘n aantal vrae oor die onderwerp te beantwoord.

Liefkind het ‘n netjies geklede manlike figuur geteken, en die vrae met groot, versigtig gevormde letters geantwoord.

Vraag: “Wie is jou held?”
Antwoord: “My held is my pa.”
Vraag: “Oor watter eienskappe beskik jou held?”
Antwoord: “My pa is liefdevol.”
Vraag: “Wat doen jou held?”
Antwoord: “My pa laat my veilig voel.”
Vraag: “Wat maak jou held besonders?”
Antwoord “Want hy is my pa.”

Ek vra vir Liefman: “Are you ready to melt?”, en oorhandig die boek aan hom. Hy is so in sy noppies dat hy haar skets op ‘n sosiale netwerk plaas, met bygaande opskrif: “Ek wonder hoe lank gaan ek nog my meisiekind se held by”. ‘n Vriend antwoord eenvoudig: “Vir altyd.”

Diep geraak dink ek aan my pa. Toe ek ‘n kind was, het ek net so ‘n helde-verering vir my pa gehad, wat gegroei het tot die diepste, teerste liefde denkbaar. Vandag mag hy oud wees, en nie meer so lewenskragtig as voorheen nie, maar hy is, sonder enige twyfel, steeds my held – my held vir altyd.

Ek is oneindig dankbaar dat Liefkind en haar pappa so ‘n besondere band deel. ‘n Gesonde verhouding met haar pa is ‘n besonder kosbare kleinood in ‘n vrou se lewe.

Advertisements
This entry was posted in Liefde, Liefkind. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s