Hartjie-dokter

Eendag was daar ‘n dogtertjie wat ‘n seerplek op haar hartjie gekry het. Omdat haar mamma nie die seerplek kon sien nie, het sy niks agtergekom nie. Maar later het die seerplek aan die dogtertjie se hartjie gemaak dat sy treurig voel en huil en stoute dinge doen, en die mamma het die dogtertjie gevra of sy haar hartjie vir die mamma sal wys. Die dogtertjie het die mamma toe vertel van die seerplek op haar hartjie.

Die mamma het vir die dogtertjie verduidelik dat hartjie-seerplekke dieselfde werk as lyfie-seerplekke. As ‘n mens nie vir ‘n seerplek op jou been salfies en ‘n pleister aansit nie, sal dit net al hoer seerder word en baie lank vat om gesond te word. Dit werk dieselfde met ‘n hartjie-seerplek, daarom is dit nodig om so ‘n seerplek ook te dokter. Die mamma het nie geweet hoe om die hartjie-seerplek te dokter nie, toe neem sy die dogtertjie na ‘n tannie hartjie-dokter. Die tannie hartjie-dokter het saam met die dogtertjie met sand gespeel, en hulle het geteken en stories gelees en pop gespeel. Partykeer het die tannie se hond ook saam kom speel, want die dogtertjie hou baie van honde. So tussen die spelery deur het die tannie hartjie-dokter en die dogtertjie partymaal gesels oor die seerplek op haar hartjie. Nadat die dogtertjie en haar mamma ‘n klomp keer by die tannie hartjie-dokter gaan speel het, het die tannie gesê dat die seerplek nou begin gesond word omdat sy elke keer salfies daarop gesmeer het as die dogtertjie by haar kom speel het. Toe het die dogtertjie en haar mamma nie meer by die tannie hartjie-dokter gaan speel nie. Die mamma het gesien dat die dogtertjie weer begin huppel en sing, en sy was baie bly daaroor. Die dogtertjie het partymaal na die tannie hartjie-dokter verlang, dan het die mamma die tannie genooi om te kom kuier, en die tannie het weer saam met die dogtertjie gespeel, net vir die lekker.

Lank daarna vertel die dogtertjie eendag vir haar mamma van ‘n hond wat sy gesien het. Die hond, vertel die dogterjie, lyk net soos die hond van die tannie wat haar hartjie gesond gemaak het. Die mamma hoor net een woord – HET – verlede tyd. Die mamma se hart is vol dankbaarheid, teenoor die tannie hartjie-dokter, maar veral teenoor Jesus, want daar is geen hartjie-seerplek waar Hy nie kan bykom nie.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

1 Response to Hartjie-dokter

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s