Hokaai ‘n slag!

Ek lees onlangs in ‘n tydskrif dat die aktrise Ilse Roos sê dat sy lankal aanvaar het dat sy in die verkeerde tydsgleuf gebore is, dat sy veel beter sou vaar in ‘n vorige eeu, ‘n tyd waar die pas stadiger was.  Hoewel ek oortuig is dat ek doel en rigting in die hier en nou van die geskiedenis van die wêreld en sy boorlinge het, deel ek haar sentiment. Ek vermoed dat ons voorsate op materiële gebied dalk soms minder gehad het as ons, maar dat dit ‘n positiewe impak op die kwaliteit van hul lewens gehad het. Die pas was soveel stadiger, my ouma het nog op ‘n koolstof gekook, van douvoordag af, en mens kom die tydsaamheid en geduld van die voorbereiding in die kos proe. Dit is asof mense selde of ooit haastig was.

Die hartseer van ons tyd is dat ons kinders ook teen ‘n vinnige pas moet funksioneer.  As hulle eers die skoolwêreld betree, is daar eenvoudig bitter min tyd oor vir eenvoudig kind-wees en speel. Ek dink een van my as ouer se take, is om die atmosfeer tuis so ontspanne en lig moontlik te probeer hou. Dat ‘huis’ vir haar ‘n veilige hawe en ‘n uitspanplek bly. En ja, dit is soms makliker gesê as gedaan, maar om selfs huiswerk in ‘n speletjie te probeer omskep, dit wil voorkom asof my kind makliker tel as daar ‘n bal betrek word, en makliker lees as sy dit in haar mamma se arms doen. Wanneer sy nie kan WAG om saans saam met Pappa aan haar skooltaak te werk nie, is dit ‘n stap in die regte rigting.

Dit kom maar alles weer daarop neer dat ouerskap ‘n ongelooflike voorreg, ‘n wonderlike vreugde, maar ook ‘n yslike verantwoordelikheid is. Dit is al soveel keer bewys dat, hoewel daar talle invloede in ‘n kind se lewens is, die van ‘n ouer steeds deurslaggewend is. Daarom is dit belangrik om gereeld te stop en te dink en te evalueer, om bewustelik en doelbewus ‘n ouer te wees, maar steeds op my Godgegewe moederlike (of vaderlike) instink en aanvoeling te vertrou. Om ouerskap te geniet, tyd te maak vir spontane pret en saam met my kind verspot te wees, want dit is wat ek vandag onthou. My ma wat op die mat saam met my en my sus lê en inkleur, ons laat help om stroke deeg in patroontjies uit ‘n hand-meultjie te rol en koekies daarvan te bak, ma wat my tien duime uit ‘n naaldwerk-projek red, ma wat in die kombuis verdwyn on met ‘n lippe-aflek lekker bord pannekoek te voorskyn te kom terwyl ons Wielie-Walie kyk. Pa wat saam bal speel, peanut botter broodjies met baie stroop op smeer en saam Wimbledon kyk.

Kinders spel ‘liefde’: ‘T-Y-D. Vandag dalk meer as ooit.

This entry was posted in Liefde. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s