Skepper en skepping

Ek het onlangs aan ‘n padwedloop deelgeneem wat steeds sag in my binneste lê Die 32 kilometer is ‘n roete van verskeidenheid en uitdagings, en ‘n baie spesiale belewenis.

Die eerste deel is deur ‘n landelike gebied op ‘n smal teerpad tussen kleinhoewes heen. Die veld weerskante van die pad sag in vroegoggendlig gehul, en ek neem diep asemteue en onthou hoekom ek in die eerste plek hardloop. Al te gou draai ons terug stad toe, en werk hard om een bult na die ander die hoof te bied. Daarna volg ‘n frustrerende deel oor ‘n hoofpad stad-uit, die skouer van die pad is nou, en die motors en vragmotors op die besige pad swiep verby die atlete. Eindelik draai ons af op ‘n grondpad, die volgende deel hardloop ons in ‘n natuurreservaat, waarin die eintlike bekoring van die wedloop lê. Die grond onder my tekkies is sag van die vorige nag se reën. My bene is swaar en moeg na die impak van die bulte, maar hierdie deel van die roete is baie spesiaal, veld so ver soos die oog kan sien, stilte om my, die koel skemering van ‘n boomryke piekniek-area… Die laaste deel van die wedloop word gehardloop in ‘n eksklusiewe sekuriteits kompleks waar geen huis omhein is nie, en kinders kaalvoet in die strate loop. Die laaste drie kilometer is dit harde bene kou, maar dan is die eindpunt daar.

Na die wedloop herleef ek die kosbare voorreg om in die natuur te hardloop, en bring lof aan ons SkepperGod: Ps 8:10 ‘O Here, onse Here, hoe heerlik is U Naam oor die ganse aarde!’

Die woorde van “Creation’s King” deur Paul Baloche weerklink in my hart.

All creation is a song waiting to be sung
All of nature like a prayer waiting for a tongue
But who will give it voice and make it’s anthem ring
Or rise to lead a choir of all created things
Lord hear your people sing

Blessing honor glory power
To creation’s King
Songs of earth and songs of Heaven
Join as one to bring
Blessing honor glory power to creation’s King

This entry was posted in Geestelik, Hardloop. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s