Kosblik Bo!

Toe ek nog enkellopend was met net myself om na om te sien, het my middagete uit ‘n pakkie Simba skyfies bestaan, een wat ‘ROARRR with flavour’. Ek het elke liewe dag ten minste een pakkie verorber om my leë magie te paai, .

Toe trou ek en kry ‘n man om my oor te bekommer 🙂 Veral toe die man pre-diabetes ontwikkel en ons meegedeel word dat ons of ons eetgewoontes drasties moet aanpas, of insulien-inspuitings is ons voorland. Met Liefkind se geboorte was ek vasbeslote om heilsame eetgewoontes by my kindjie te kweek. Toe word ek ‘n maraton atleet, en besef dat ‘n pakkie skyfies vir middagete nie meer die knoop gaan deurhaak nie.

Vandag maak ek vir ons elkeen ‘n kosblik om werk/skool toe te neem. Liefman s’n bevat gewoonlik lensies en/of bone, ‘n protiën en baie groente en slaai, as teenvoeter vir die hoë insulien vlakke. Vir myself bring ek heilsame, gebalanseerde kos, en elke middag as ek my kosblik geniet, is ek so bly dat ek moeite daarmee gedoen het. Natuurlik beteken dit dat ek ‘n halfuur later gaan slaap saans, maar dit is tyd wat goed spandeer word.

Behalwe dat gemorskos ongesond en duur is, is dit eenvoudig vir my nie so lekker soos die inhoud van my kosblik vol tuisgemaakte kos nie. Omdat ek weet dat ek kos byderhand het, is dit maklik om ‘nee dankie’ te sê wanneer my kollegas die gebrekkige keuse wegneem restaurante in ons werksomgewing besoek.

Onlangs kyk ek na ‘n televisieprogram waar Nataniël aan’t kook is. Die tema van die program: ‘Kosblikke’! Hy wys op al die deugde van ‘n kosblik, en demonstreer ‘n paar smullekker idees. ‘Die kosblik is terug!’, jubel hy, ‘cool’ en ‘IN’ in al sy glorie. Ek sekondeer, lank lewe die kosblik!

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s