‘n Ma weet mos alles

Na storietyd lê ek ‘n bietjie lepel saam met Liefkind. Gewoonlik raak sy dan baie vinnig aan die slaap. Daar is heelwat geleerdes in ouerskapskringe wat hierdie praktyk ten sterkste afraai. Tog, my ma het elke aand so by my en my sus gelê totdat ons aan die slaap raak, en dit is tot vandag toe vir my kosbare herinneringe. Liefkind maak ook dikwels oop oor wat in haar dag gebeur het tydens hierdie laataand ‘snuggle’-tydjies.

Nou een aand sit ek die lig af na storietyd en skuif gemaklik reg langs Liefkind. Maar sy bly kriewel, sodat ek later maan: “Maak nou toe jou ogies, dit is slaaptyd”. Sy vra stomverbaas: “Hoe het jy geweet my oë is oop? Dit is dan pikdonker!”. Met heelwat binne-pret neem ek my kans waar en sê met oortuiging: “Jy weet mos, ‘n mamma weet alles!”.

Kort daarna vind ek uit dat Liefkind die vrugte en joghurt in haar kosblik gebruik as ruilmiddel vir hotdogs en niknaks in haar maatjies se kosblikke. Erg verontwaardig skud ek kop. ‘So much’ vir gesonde kosblikke pak!

‘n Ma weet defnitief nie alles nie, en soms is dit ook maar goed so!

😉

Advertisements
This entry was posted in Liefkind, Ligweg. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s