Monthly Archives: Junie 2014

Hoe om ‘n ouer te wees

Onlangs is daar ‘n insident in my kind se skoollewe wat my dadelik onrustig laat voel. Ek bespreek die insident met haar en ons kom tot ‘n vergelyk, maar my onrus wil nie wyk nie. Later die aand trek ek … Lees voort

Posted in Geestelik, Ouerskap | Lewer kommentaar

Avontuur in ‘n skottel

Ek kom koulik by die huis aan na ‘n drafsessie. Ek maak eers ‘n stomende beker koffie en doen dan pligsgetrou my strek-oefeninge om te verseker dat die beserings spook ver weg bly. Net gou nog Garmin se bevindinge in … Lees voort

Posted in Inspirasie, Liefkind | 1 Kommentaar

‘n Briefie om aan te vat

In die tegnologiese era waarin ons leef, het handgeskrewe briewe en kaartjies byna heeltemal vervaag. Om ‘n selfoonboodskap of e-pos te stuur, is net soveel vinniger en makliker. Ek staan voor in die ry met die gebruik van die supersnel … Lees voort

Posted in Hartsdinge, Hemellinge | 1 Kommentaar

Tafel van agt

Onlangs doen ‘n wonderlike e-pos die rondte. Dit gaan daaroor dat die ontvanger van die e-pos agt vroue na ‘n ete uitnooi, en dit is vir my ‘n ongelooflike voorreg en eer om aan ‘n paar van my vriendinne se … Lees voort

Posted in Hartsmense, Hemellinge, Inspirasie, Mymeringe | Lewer kommentaar

Die paadjies van ‘n kind

Nou een aand kyk ek en Liefman na ‘n heruitsending van die fliek ‘The Kid’. Dit is ‘n interessante storielyn wat my behoorlik aan die dink sit. ‘n Jong seun word op ‘n dag deel van Rus, gespeel deur Bruce … Lees voort

Posted in Liefde | 1 Kommentaar

Die vreugde van ouerskap

Dit is dierbaar hoe Liefkind die een dag ‘n jonge dametjie vol waagmoed en selfvertroue is, en die volgende dag weer net ‘n kind wat met volle oorgawe haarself in verbeeldingryke speletjies verloor. Liefkind het die resepteboekie wat sy vir … Lees voort

Posted in Liefkind | 1 Kommentaar

Rebekka

Dit bly wonderlik hoe die Here werk. Liefman lees in die week die mooi Bybelstorie van Isak en Rebekka vir Liefkind voor haar slaaptyd. Net die volgende dag ontvang ek ‘n elektroniese kopie van Radio Kansel se dagstukkie oor dieselfde … Lees voort

Posted in Geestelik | Lewer kommentaar