Teddie-sage

So woon die pre-teen ‘n week-lange vakansieprogram by ons kerk by. Sy geniet haar gate uit. Daar word na hartelus gespeel, aan kuns-aktiwiteite deelgeneem, en ook tyd afgestaan om in die Woord te delf. Dit is saans ‘n gekwetter van ‘n ander wêreld soos wat sy ons vertel wat alles in haar dag gebeur het. Dit wat ek die meeste van ons kerk se kinderbediening waardeer, is dat hulle moeite doen om ander Bybelgedeeltes as die oorbekende Adam-en-Eva, Esau-en-Jakob en Noag-se-ark aan die kinders bekend te stel. So vertel Liefkind dat hulle in die bepaalde dag ‘n versie uit Habakuk geleer het. ‘Ek het nie eers geweet daar is ‘n Bybelboek soos Habakuk nie!’, bieg sy heel verwonderd. Die bekende prediker, Stefan Joubert, het op ‘n keer gedeel dat hy sy moeilikste preke vir die tieners in sy gemeente bêre. Want dit is waaraan die tieners behoefte het. Ons is geneig om ons kinders se geestelike verteringstelsel te onderskat…

Op die laaste dag van die vakansieprogram word ‘n pajama-partytjie gehou, dus is Liefkind ewe gewillig met haar slaapklere, japon en pantoffels kerk toe. Vroegoggend spekuleer sy of dit wys sou wees om haar teddie saam te neem na die vakansieprogram, siende dat sy haar slaapklere dra. ‘Neem sommer jou groot teddie saam, dit sal cool wees!’, stel ek voor. Genoemde teddie is byna ‘n meter lank, en was met sy intrek in ons huis amper net so lank soos die kleutertjie wat haar hart op Kalant Teddie verloor het. Liefkind wil egter niks weet van die grootmeneer-teddie saamsleep kerk toe nie. ‘Dit is deesdae un-cool’, wys sy my voorstel ferm van die hand. Ek giggel oor die manier waarop die pre-teen haar (duidelik iewat outydse) Ma reghelp. Maar dit is ‘n lag met ‘n traan, want dit voel soos eergister wat die einste meisiekind die einste teddie oral heen saamgesleep het. Tussen gister en vandag het die norm ‘uncool’ geword. Die onmiskenbare tekens dat my kind ouer word pluk aan hierdie Ma se hartsnare…

Ek is baie lief vir die kind van my. Die vet weet, ek is lief vir my meisiekind!

Advertisements
This entry was posted in Liefkind, Ligweg. Bookmark the permalink.

1 Response to Teddie-sage

  1. Ja, mens doen baie moeilik afstand van elke stadium soos wat jou kind groter word. Gelukkig kan mens dit alles in jou hart bewaar. Volwasse kinders sorg ook vir groot pret – hulle neem mens op uitstappies soos wat jy kleintyd met hulle gemaak het!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s