Moeite

Liefkind kom bedel ‘n stukkie geskenkpapier om ‘n verjaardagmaatjie se present in toe te draai. Ek doen aan die hand dat sy sommer een van die beskikbare geskenksakkies gebruik. Maar Liefkind skop vas, sy wil opsluit die geskenk met mooi papier toedraai. Dit neem byna haar hele aand in beslag, sy is naderhand asvaal gesukkel, maar wys telkemale my aanbod om hulp van die hand. Sy gebruik ‘n prettige pienk polka-dot lint om die toegedraaide geskenk te versier en rond dit af met ‘n spoggerige strik. Laastens teken sy ‘n helderkleurige blom en skryf haar verjaardagboodskap op ‘n blanko kaartjie, nadat sy die korrekte spelling van die naam by my bevestig het. Trots kom wys sy die eindproduk vir my. ‘Sien jy Mamma, nou gaan sy weet ek het moeite vir haar gedoen’.

Toe eers gaan daar vir my lig op. My kind wou doelbewus nie ‘n present in ‘n bont sakkie boender en argeloos oorhandig nie. My kind wou die boodskap tuisbring dat die ontvanger van die geskenk vir haar spesiaal is. Dat daardie mens haar ekstra tyd en moeite werd is. Ek hou van haar perspektief. In die ‘ek is besig en haastig gee my die vinnigste en maklikste oplossing’-tyd waarin ons leef, ‘n tyd van kitskoffie en halfklaar-geregte en geskenksakkies en klaarpas boekootreksels, vind ek haar benadering vars en nuut en opwindend.

Kinders spel liefde ‘T-Y-D’, het ek op ‘n keer gelees. Dalk spel ons almal liefde so…

Advertisements
This entry was posted in Liefde, Liefkind. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s