Cholesterol-sake

My gesin se banting-pad het drie jaar gelede begin, omdat my diabetiese man se huisdokter beslis het dat hy moet begin om homself daagliks met insulien in te spuit as gevolg van sy liggaam se onvermoë om bloedsuikervlakke te reguleer. Banting het homself as ‘n baie doeltreffende werktuig in die verband bewys. Hoewel my man steeds medikasie vir diabeter gebruik, het hy nou minimale diabetes simptome. Die beste deel is dat sy bloedsuikervlakke in so ‘n mate gestabiliseer het, dat sy dokter nooit weer die moontlikheid van insulien-inspuitings op die tafel geplaas het nie.

Ek het van die begin af besef dat my man die nuwe eetpatroon nie op sy eie gaan baasraak nie. Ons leef dus as gesin vir die afgelope drie jaar grootliks styselvry. Dit voel steeds byna onwerklik om te dink dat ons vir so lank al slegs by streng uitsondering rys, pasta, aartappel en brood eet; waar die kossoorte voorheen ‘n hoeksteen van ons dieet was. Al wat my nog regtig pootjie, is wanneer iemand ons vir ete nooi en ‘n eenbakgereg voorsit, wat dit dus feitlik onmoontlik maak om die styselporsie van die hand te wys. Gelukkig bied die meeste restaurante deesdae ‘n alternatief van slaai, groente of patatskyfies as bygereg, in die plek van die gewraakte tjippies. Die alternatiewe is nie net gesonder nie, dit smaak boonop nou vir my baie lekkerder. Ek mis geensins die styselporsie in my bord nie, en dit sal nooit weer ‘n gereelde toevoeging tot my dieet wees nie. Ek het voorheen erg met pynlike en ongemaklike simptome van ‘n spastiese dikderm gesukkel, wat met die banting eetplan byna heeltemal die wyk geneem het.

Ek het ‘n jaar in my banting-leefstyl in, my dokter besoek om my cholesterol-vlakke te toets, aangesien ek ‘n familie-geskiedenis van hartprobleme het. Tot my groot skok het my dokter bevind dat my cholesteroltelling op 6.8 inderdaad te hoog was. Darem nie so dat ek onmiddellik chroniese medikasie daarvoor moes begin gebruik nie, maar nietemin iets om van bewus te wees en dop te hou. Ek het pet e-pos by proffessor Tim Noakes om raad aangeklop, en hy het my verseker dat ‘n hoë cholesterol telling niks is om oor bekommerd te wees nie, en dat ek moes voortgaan met die banting-eetplan. Ek was egter nie gerus nie. Ek moet noem dat ek nie ‘n idee het wat my pre-banting cholesteroltelling was nie. Ek kan dus nie op redelike wyse aanvoer dat die banting eetplan ‘n toename in cholesterol tot gevolg het nie.

My dokter was nie juis optimisties oor die banting eetplan nie, en het aanbeveel dat ek veral my eier-inname drasties inkort tot twee keer per week. Ek het voorts ‘n gerekende plaaslike dieetkundige se raad onthou dat hawermout selfs die weerstandigste cholesterol telling ‘n nekslag toedien. Die dieetkundige is ‘n voorstander van die hoë-vesel, lae-vet eetplan, wat ek eenvoudig nie kans sien om ooit weer te volg nie. Daardie deurentydse hongerige gevoel, en die gevoel dat jy jouself van al wat lekker in die lewe is ontneem, is werklik baie moeilik om op langtermyn vol te hou. Met die banting-eetplan se hoë-vet eetplan, is voedsel smaaklik en boonop baie vullend. Vandat ek die banting-eetplan volg, het ek glad nie meer ‘n behoefte aan peuselhappies tussen etes nie. Die banting-eetplan is beslis op die langtermyn volhoubaar.

Die enigste afwyking wat ek dus aan my eetplan gedoen het, is om my eier-gebasseerde ontbyt te vervang met ‘n bakkie hawermout soggens. Ek eet my hawermout met ‘n mespunt botter en ‘n eetlepel dubbelroom joghurt, sodat ek nie te vinnig daarna weer honger word nie. Dit werk soos ‘n bom! Aan die einde van my tweede banting-jaar was my cholesterol-telling af na 5.8, en na die derde jaar was dit 5.3. Volgens my dokter is my telling steeds aan die hoë kant, maar omdat dit ‘n afwaartse kurwe toon, is dit steeds nie nodig dat ek medikasie daarvoor gebruik nie.

Ek is baie dankbaar dat ek ‘n oplossing gevind het wat vir my werk!

Advertisements
This entry was posted in Leefstyl. Bookmark the permalink.

4 Responses to Cholesterol-sake

  1. Toortsie sê:

    Bravo! My cholesterol het aanvanklik gestyg, toe ‘n bietjie verlaag. Intussen het ek my cholesterolmedokasie gestaak, wat meegebrimng het dat die telling nou wel effens hoër is as toe ek die medikasie geneem het. Ek is nog nie bekommerd daaroor nie. Ek gaan hierdie bloginskrywing op my fb page deel.

  2. Toortsie sê:

    Hello. Ek wil graag getuienisse soos hierdie op my blog plaas. Mag ek asseblief hierdie repost op my blog, of wil jy dalk ‘n ander een skryf?

  3. Terug pieng: Johanna se LCHF-verhaal – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s