Glasballe

‘n Egpaar, ongeveer twintig jaar ons junior in ouderdom, nooi ons onlangs oor vir ‘n kuier. Vroeg in die kuier reeds blyk dit dat ons jong vriend ‘n uiters uitdagende lewenseisoen beleef. Hy mis ook sy vorige blyplek, aangesien hy tans min omgee en betrokkenheid in vriendskapsverband beleef. Sy woorde val my vreemd op die oor, ons woon immers in ‘n stad met ‘n plattelandse hart…?

Sien, ek ken mense vir wie dit soos tweede natuur kom om hulp te verleen. Wat, sonder om twee maal daaroor na te dink, na vore sal tree om ‘n oplossing op ‘n probleem te help vind. Wat nie huiwer om hul kundigheid, tyd en geld in te span tot voordeel van ander nie. Wat bereid is om moeite te doen, die ekstra myl te stap in woord en daad. Geseënd is ek, om hierdie kwaliteit mense in my lewe te hê.

Dit vind aanklank by die woorde van Boyd Bailey in sy boek, ‘Learning to lead like Jesus’. Hy is van mening dat, om verwantskappe te vorm, ‘n sleutelrol in doeltreffende leierskap speel. Of soos my Sus dit stel, om te onderskei tussen glasballe en rubberballe in terme van tydsbestuur. Want met rubberballe kan ek, hoewel dit ook sy pond vleis in tydmaat eis, bekostig om dan en wan te laat glip. Rubberballe bons telkemale terug. Met glasballe het ek egter nie daardie luukse nie. Daar moet ek versigtig en noukeurig te werk gaan met die tyd tot my beskikking. Ondervinding het my geleer dat die glasballe in my lewe dikwels met menseverhoudinge, vertroue en emosies verband hou.

Die gedagtes noop my tot selfondersoek. Mag dit so wees dat ek my beskeie deel doen om hierdie stad ‘n plek van omgee en hartlikheid te maak.

Advertisements
This entry was posted in Leefstyl. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s