Lippe aan

Ons drie-jarige niggietjie klouter op my skoot, betrag my nadenkend, en fel na ‘n paar oomblikke haar beslissing: ‘Jy het mooi lippe aan.’

‘Dankie’, verkneukel ek my soos altyd in haar spitsvondigheid.

‘Ek het nie lippe aan nie’, gesels sy verder. En voeg ter verduideliking by: ‘Mamma sê ek mag nie’.

‘Mamma is reg’, beaam ek. ‘Kyk, my dogter het ook nie lippe aan nie’. En ek vervolg tong-in-die-kies: ‘Sien jy, jou oom het ook nie lippe aan nie.’

Die humor van die oomblik gaan klaarblyklik by Niggietjie verby, want haar weetgierige aard kry die oorhand sodat sy ewe ernstig vra: ‘Hoetom nie…?’

‘Want kinders en seuntjies dra nie lipstiffie nie’, wys ek haar op die voor die hand liggende feit.

My verduideling skiet egter te kort, want ‘Hoetom nie…’, vra sy weer.

Ek dink eers ‘n paar oomblikke na en verander dan van taktiek. ‘Tannies moet lipstiffie dra sodat hulle mooi kan lyk. Kinders is al klaar mooi, so hulle hoef nie lipstiffie te dra nie.’

Haar pappa voeg by tot my verduideliking met sy kenmerkende droë humorsin: ‘Tannies sit lippe aan om hulle plooie weg te steek’.

Die drie-jarige snap die strekking van die gesprek, óf sy besluit dat sy genoeg gehad het van die grootmense se spitsvondigheid. Want met ‘n ‘O…’, spring sy van my skoot af en dartel weg om verder te gaan speel.

Advertisements
This entry was posted in Ligweg. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s