Ironie

Vergewe my ‘n tong in die kies kykie na ‘n ernstige onderwerp…

Ek lees nou een dag van iemand wat op sy verjaardag sterf. My hart raak sommer seer saam met die familie, hoewel ek hulle nie persoonlik ken nie. Hoe tragies dat ‘n dag wat in vrolike dankbaarheid begin, so hartseer eindig!

Hoe meer ek egter oor die toedrag van sake dink, hoe meer voordelig begin dit egter vir my klink. Want as ‘n mens op jou verjaardag sterf, het jou geliefdes net een datum om in jou nalatenskap te onthou, in plaas van die gewone geboortedatum, sowel as die sterfdatum.

Deur persoonlike ervaring weet ek ook dat geliefdes, vir nog jare na ‘n hartsmens se dood, twee dae per jaar met ekstra trane gedenk – die verjaardag en die sterfdag. Sou die twee herdenkings op dieselfde dag val, word die hartseer datum tot een geleentheid per jaar beperk.

Die ouderdom van die oorledene sal voorts op ‘n mooi ronde getal uitwerk. En die datums vir die geboortedag en sterfdag sal heel treffend lyk op die begrafnisblaadjie – bykans dieselfde, op die jaartal na.

‘Wow, dit sal die beste verjaardaggeskenk ooit wees!, korswel my onnutsige tienerkind saam. Natuurlik verwysend na die vooruitsig om op ‘n mens se sterfdpag ‘n hemelse ewigheid binne te gaan.

Sou dit eendag my lot wees, hoop ek dat ek darem so vir oulaas eers die dag behoorlik sal kan geniet. Want ék, ek hou baie van verjaar!

Advertisements
This entry was posted in Ligweg. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s