Gekkedag

So besluit die Pa van die huis om sy tiener ‘n poets te bak op gekkedag. Dit is een dag voordat die skole amptelik vir die tweede kwartaal heropen. Die tienerkind neem gedurende die tweede week van die nuwe skoolkwartaal aan ‘n belangrike koor-optrede deel, dus besluit haar Pa om sy poets daarvolgens te rig. Hy bel haar toe, waar sy by haar grootouers kuier, en beveel aan dat sy blitsvinnig bad en aantrek, aangesien sy dringend moet skool toe om ‘n kooroefening by te woon. Die tiener is, helaas, te uitgeslape om vir haar Pa se poging tot ‘n gekkedag-grap te val.

‘n Rukkie later ontvang die Pa ‘n oproep van die einste tienerkind. Sy deel hom erg opgewonde mee dat sy sowaar twee fliekkaartjies in ‘n kompetisie gewen het! Aangesien die twee van hulle so mal is oor fliek, kies sy haar Pa as haar gelukkige metgesel! Daar is net een skadu-puntjie, vervolg sy, en dit is dat die fliek ter sprake ‘n ‘horror-movie’ is.
‘Nee, my kind. Ek hou nie van horror-movies nie. Vra maar liefs een van jou maats om saam met jou te gaan’, trap die niksvermoedende pa so reg in die tienerstrik.

Waarop sy ewe nonchalant antwoord: ‘My grap is net so flou soos Pappa s’n, né!’

: )

Advertisements
This entry was posted in Ligweg. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s