Raakpunte

Behoede die man wat tergelyketyd met ‘n menopasale vrou en ‘n tienermeisiekind moet huishou, korswel ek met Liefman. In reaksie trek hy sy gesig op ‘n kamma gepynigde plooi. Ek dink darem nie hy het té veel om oor te kla nie. Ten minste is sy lewe nie vervelig nie… ; )

Die gedeelde belewenisse het voordele ook aan. So bieg my tienerdogter nou een dag dat sy soms só geïrriteerd raak, dat sy sommer lus voel om iemand ‘n taai klap te gee. Dan kla ek weer dat ek soms so ‘blou’ voel, sommer om eers regtig mooi te weet hoekom. Ons albei identifiseer simpatiek met die ander se belewenisse. Hormoonskommelinge kan seker nie áltyd vir álles die skuld kry nie, maar dit kan verseker ook nie geïgnoreer word nie.

‘n Radioloog het my gewaarsku dat ek, met my geskiedenis van multi infertiliteitsbehandeling sessies, ‘n hoë-risiko kandidaat vir borskanker is. Met dít in gedagte het ek besluit om liefs met natuurlike middele te eksperimenteer om menopause-simptome die hoof te bied, as om hormoonterapie te oorweeg. My algemene praktisyn is van mening dat die basis molekule van natuurlike hormoonaanvullers steeds esterogeen is, en dat dit dus nie werklik ‘n verskil aan die newe-effekte maak nie. Hoe dit ook al sy, vir lastige hormoonplakkers is ek tog nie lus nie.

My persoonlike ondervinding is dat die dosis van een kapsule van Vital se ‘Menopause’ aanvulling per dag te gekonstreerd vir my is, en tot vroeë swangerskapagtige simptome lei. Feelgood Health se menopause-combo, bestaande uit MellowPause- en Don Quai druppels, werk egter uitstekend. Veral die aaklige nagggloede waarmee ek so gesukkel het, het heeltemal verdwyn. Dit is ook maklik om te eksperimenteer met die hoeveelheid druppels wat geneem word, om die optimale dosis te bepaal.

Ek en my tiener gebruik ook Vital se Evening Primrose Oil kapsules op ‘n daaglike basis. Dit wil my wel voorkom of my tiener se hormoonskommelinge beter onder beheer is as gevolg daarvan.

Ek is van nature geneig tot angstigheid, en dan is verhoogde stresvlakke ook ‘n simptoom van die menopause. Ek vind dat fisiese oefening die beste teenvoeter daarvoor is. Na ‘n lekker drafsessie voel ek so mak soos ‘n lammetjie. Ek het ook begin om in te skakel by ‘n Pilates-klas, en die intense konsentrasie van die uur-lange klas laat my van al my kwellinge vergeet.

Ek dink dit is voorts belangrik om perspektief te behou dat menopause, soos tienerskap, ‘n natuurlike lewensfase, en net nog ‘n seisoen in ‘n vrou se lewe is.

Advertisements
This entry was posted in Leefstyl. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s