Die prins van cool

Jongkollega verstaan die kuns van cool-wees. Hy dra graag ligpienk hemde, met soms ‘n smal, gebreide das daarby. Sy gebleikte skinny jeans en gepunte skoene rond die uitrusting perfek af. Hy is belese en wel-besproke oor onderwerpe van ‘n breë en diverse spektrum. Hy is innemend met ‘n aangename persoonlikheid, en ‘n pittige humorsin daarby. Ja-nee, Jongkollega verpersoonlik die definisie van cool!

Jongkollega weet voorts hoe om goeie menseverhoudings te handhaaf. Hy deel onder meer graag komplimente uit. Wanneer ek my sonskyngeel rok dra, groet hy my met ‘n ‘You look brightly today!’. My groen rok op blommotief, ontlok ‘n ‘You look flowery today!’. Wanneer ek my jeans en formele swart baadjie dra, sê hy: ‘Looking good…!’

My en Jongkollega se werksverhouding is lig, ontspanne en vrolik. Maar ons twee deel ‘n belewenis wat tot gevolg het dat ons mekaar baie goed verstaan. Ons albei ken die sonskynkant, asook die stertkant van die Comrades ultra-maraton. Met my eerste Comrades het ek die eindstreep kort voor afsnytyd bereik, absoluut eurofies om so ‘n groot en tradisie-ryke wedloop after my naam te kan skryf. Die volgende jaar was ek nie so gelukkig nie. Ek het laat in die dag moedig deur die eindelose, kronkelende heuwels geworstel, en op ‘n stadium vir Jongkollega, wat vir die eerste maal aan die wedloop deelgeneem het, in ‘n ‘rescue-bussie’ verby sien ry. Hy het later vertel dat kuitkrampe sy drome van ‘n eerste Comrades-medalje platgevee het. Ek het, helaas, ook later as die toegelate tyd by die voorlaaste afsnypunt aangekom, en ek en Jongkollega is albei stert tussen die bene terug huis toe. Ons het saam nabetragting gehou en wonde gelek. Die volgende jaar het ons albei weer probeer, en weer misluk. Ek het besluit om die aftog te blaas, maar Jongkollega het met hernieude ywer begin oefen. En na die volgende Comrades-dag trots in sy wedloop-hemp en medalje om die nek kom werk. Niemand was blyer vir hom as ek nie!

Ek is mal oor die diversiteit in vriendskap wat my werksomgewing my bied. Dit maak my menswees skatryk!

Advertisements
This entry was posted in Ligweg. Bookmark the permalink.

1 Response to Die prins van cool

  1. Toortsie sê:

    ‘n Comrades nederlaag en oorwinning! Wat ‘n wonderlike iets om te deel. Veels geluk met jou suksesvolle Comrades, ook met die een wat jy laat voltooi het. Ek dink dit is steeds ‘n prestasie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s