Die beste wyn

My werksmater deel wonderlike insiggewende gedagtes uit die elektroniese boek, Don’t follow your heart, deur Jon Bloom. In die boek word ‘n artikel, soos in 2005 gepubliseer in The Washington Post, aangehaal. In die artikel word verduidelik dat goeie wyn gemaak is van druiwe waarvan nie die grondkwaliteit of die klimaattoestande optimaal vir die groei van druiwe is nie. Hoewel die toestande nie ideel vir die druiwelote is nie, is dit wel bevorderlik vir die verbouing van kwaliteit wyn. Druiwelote wat onder druk verkeer, werk harder om vrug te produseer. Dit lei tot ‘n kleiner getal druiwekorrels, maar korrels van ‘n baie beter kwaliteit; as wat in ideale groei-omstandighede die geval sou wees.

In die boek word die vergelyking deurgetrek na die groei van geloof in Christene. Geloof van ‘n diep en standhoudende aard word dikwels in moeilike omstandighede gekweek. Ek stem heelhartig saam met hierdie stelling. In my eie lewe het ek God se karakter ten beste leer ken in die uitdagende seisoene van my lewe. Ek het in tye van hartseer en verlies geleer dat dit veilig is om op God te vertrou. So ook het ek baie van myself geleer, en innerlike groei beleef in tye wanneer die ‘grond’ en ‘klimaattoestande’ baie van my geëis het. Dit is ook ‘n feit dat ‘n mens se getuienis ‘n baie groter impak het as jy gegroei en lesse geleer het in krisistye. Dikwels ontwikkel so ‘n krisis tot ‘n bedieningsveld waardeur vele lewens aangeraak en verryk word.

‘This phenomenon of nature is also a parable for how God produces rich, complex, intense faith in His children. Because when it comes to faith, God loves good wine.’

My vriend maak die opmerking dat Jesus, tydens die laaste avondmaal, vir die dissipels gesê het dat Hy eers na die wederkoms weer wyn sal drink.

Mattheus 26:29
Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van My Vader.

My vriend maak die fassinerende stelling dat die wyn wat Jesus dan drink, dalk mag sinspeel op die vrug wat Sy kinders in moeilike tye gegroei het. Want, voer ek die gedagte verder, dit is ook so dat Jesus in Sy eerste wonderwerk, om water in wyn te verander, die beste wyn vir laaste gehou het.

Dit maak die seer en swaar tye van hierdie lewe nie net die moeite werd nie, maar ‘n eer en ‘n voorreg.

Advertisements
This entry was posted in Geestelik. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s