Twee pa’s

Ek en ‘n maat gesels oor ons grootwordjare, en hoe dit ons geesmens in ons volwasse jare beïnvloed het.

My maat se pa het ‘n wankelrige begin in die lewe gehad, maar kon, met die hulp en ondersteuning van die mense na aan hom, later bo sy omstandighede uitstyg.

Hy was ‘n goeie pa wat opreg was in sy liefde vir sy kinders, maar hy het hoë standaarde aan homself, sowel as aan sy kinders gestel. Met hul prestasies was hy selde of ooit tevrede, sodat sy kinders later gewonder het of hul harde werk werklik die moeite werd was. Eers later in sy lewe kon my maat die Vaderhart van God leer ken en verstaan.

My pa is in sy sestiende jaar uit die skool om te gaan boer, soos wat dit in daardie dae byna standaardpraktyk was. Toe sy familie later die plaas verloor, was sy loopbaankeuses beperk. Hy het uiteindelik ‘n betrekking in ‘n nederige omgewing aanvaar, waar hy dan ook vir die grootste gedeelte van sy volwasse lewe werksaam was. In ‘n wêreldse perspektief het hy nooit ‘n indrukwekkende leierskapsrol in sy beroep beklee nie.

Wat vaderskap betref, is my pa egter ‘n miljoen rand werd. Van my vroegste onthou af weet ek, sonder enige twyfel, dat my ouers my onvoorwaardelik liefhet, en onvoorwaardelik trots op my is. Daar is níks wat my ouers nie vir my sal doen nie.

As ‘n direkte uitvloeisel daarvan kan ek in alle eerlikheid sê dat dit nog altyd vir my natuurlik en vanselfsprekend is om God as ‘n liefdevolle, dog regverdige Vader te erken

Wat ‘n wonderlike getuigskrif is dit vir enige pa. En wat ‘n lieflike seëning vir sy kinders.

Advertisements
This entry was posted in Hartsmense. Bookmark the permalink.

1 Response to Twee pa’s

  1. Toortsie sê:

    My pa was soos joune. 😊

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s