Tjoklitmaatjie

Om te sê dat ek MAL oor sjokolade is, is om dit lig te stel. My hegte verbintenis met sjokolade het sy oorsprong jare gelede, toe ek nog in my ouerhuis aan’t opgroei was. My ma, wat op daardie stadium in ‘n kruidenierswinkel werksaam was, het elke middag na werk met ‘n inkopiesak in die hand die huis ingestap. In daardie sak, het ek geweet, was daar onder meer twee sjokoladestafies, een vir my en my sussie elk. My ma bederf nou nog graag met eetgoed.

My ma en sussie versoek elke jaar knap voor my verjaardag dat ek ‘n geskenk-wenslysie saamstel. Sjokolade is elkemaal bo-aan my lysie. My sus verras my graag met ‘n kreatiewe, oorspronklike geskenk, diep vanuit haar hart. My ma koop elke jaar vir my sjokolade – sowel as elke ander item op my wenslysie. My man en my dogter doen ook hul deel om my onversadigbare sjokoladelus tevrede te hou; wel wetende dat ek my eetbare skatte met hulle sal deel.

Tot my groot vreugde het ek nòg ‘n mater wat sjokolade na waarde skat. As’t ware ‘n tjoklitmaatjie – wat sjokolade uitdeel wanneer ‘n situasie daarvoor vra, en kan saamgesels oor die lekkerstes van lekkertes. Jy is ‘n maat so na my soete smaak, Tjoklitmaatjie!

Advertisements
This entry was posted in Ligweg. Bookmark the permalink.

4 Responses to Tjoklitmaatjie

  1. Toortsie sê:

    Ek was ook altyd lief vir tjoklits. Is steeds, maar kan dit mos nie meer eet nie.

    • johannavr7 sê:

      Stysels soos brood, rys, aartappel en selfs pasta waarvoor ek so lief was, is na drie jaar van banting glad nie meer vir my ‘n versoeking nie. Maar ai, met sjokolade val ek nog sleg vas.

      • Toortsie sê:

        Ek het om ‘n persoonlike rede sjokolade gelos lank voor ek begin Bant het. Ek vas sjokolade om ‘n spesifieke rede. Ek het al gesê as dít waar word, gaan ek in die hospitaal beland, want dan gaan ek ‘n hele boks Lindt opeet. 😂

  2. ekmyselff sê:

    ooh my groot sonde, moes ook maar erg afskaal die laaste tyd, suiker is nou my gesondheid se vyand

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s