Doodgewone dag

Ek is mal daaroor wanneer ‘n doodgewone dag my met ‘n stuk inspirasie verras.

Soos wanneer ek my huis vroegoggend verlaat en vind dat ‘n hawelose deur die vullissakke op my sypaadjie sif; daar gelaat vir munisipale vullisverwydering. Ek komplimenteer hom omdat hy elke sak weer sorgvuldig toeknoop wanneer hy daarmee klaar is. Waarop hy antwoord: ‘Ek doen dit altyd so, Mme.’ En dan terloops byvoeg: ‘Ek kry alles wat ek nodig het, hier.’ Hy leer vir my ‘n praktiese les oor genoegsaamheid – om tevrede te wees met dit wat jy het.

Soos wanneer ‘n bedelaar by ‘n verkeerslig in ‘n kort tydsbestek, twee maal na mekaar, ‘n witbrood as aalmoes ontvang. Sy vreugde ken geen perke nie, sodat hy opgewonde uitroep: ‘Dubbel gelukkig! Vandag is ek dubbel gelukkig!’ Hy leer my om my kriteria vir geluk nederig te hou; om dankbaar te wees vir die klein dingetjies.

Soos wanneer ek oorweldig voel deur my werkslading, en ‘n kollega aanbied om ‘n taak by my oor te neem. Sy is, streng gesproke, nie verantwoordelik vir die taak nie, maar nogtans verseker sy my dat sy dit goed sal kan doen. Sy leer my van ‘n ekstra myl loop en ander se laste te dra.

Soos wanneer my tienerkind haar beperkte televisie-tyd onderbreek om my te help met die skottelgoed – sonder dat ek hoef te vra. Sy leer my van diensbaarheid en om ander se beboeftes bo jou eie te stel.

As jy ontvanklik daarvoor is, is daar inspirasie te put, en ‘n les te leer, uit elke liewe dag.

Advertisements
This entry was posted in Inspirasie. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s