JonkVriende

Dit is ‘n hele gedoente om ‘n koffie-afspraak met JonkVriende vasgemaak te kry. Dit blyk dat die ouers van ‘n jaar-oue tweeing se program net so veeleisend is as die ouers van ‘n ontluikende tienerdogter. Maar oplaas duik daar ‘n paar uurtjies op wat ons almal pas.

Ek voel erg moederlik teenoor JonkVriende. Liefman reken ek is verspot, ek is, streng gesproke, nog heeltemal te jonk om ma te kan speel vir ‘n dertigplusser. Maar ek gee my nietemin oor aan impuls, en slaan ‘n baksel plaatkoekies aanmekaar om saam te neem vir die voorgenome kuier. JonkVriende is erg opgetoëe daarmee. Die plaatkoekies word behoorlik verslind – waar sal die voltyds werkende ma van ‘n opgeskote tweeling dan nou ook die tyd vir sulke bederfies staan en kry.

Ek het al hier en daar met tweelinge te doen gehad, maar dit was telkens tweelinge van dieselfde geslag. Dus is JonkVriende se seuntjie-dogtertjie model vir my alte ougat. Die dogtertjie is lig van gelaat en haarkleur soos haar pa. Die seuntjieskind weer spog met donker hare en nog donkerker ogies – uitgeknip sy ma. As dit by persoonlikheid kom, ruil die tweetjies mooitjies rolle om.

Die seuntjieskind is ernstig en heel stemmig. ‘n Waarnemer van formaat wat die kat eers goed uit die boom kyk voordat hy aksie neem. Eienskappe wat jy kan verwag by sy akademiese pa. Die sussatjie weer flikflooi eenstryk deur met skattige glimlaggies en vermaaklike handgebare. Soos haar spontaan hartlike ma met haar hart vol meelewing en empatie.

Toe ek die meisiekindjie ‘n slag probeer kamma-vang, lag sy kliphard uit haar magie. Dit is ‘n groot oorwinning toe ek oplaas ‘n skugter glimlaggie van die boetatjie ontvang.

Dankie JonkVriende, julle verbreed ons lewensblik en verfraai ons lewens!

Advertisements
This entry was posted in Ligweg. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s