GOAT

Ek moet erken dat ek deur die aanvangshoofstukke van Boid Bailey se ‘Learning to lead like Jesus’, geworstel het. Ek het dit beleef as eindelose woorde, sinne en paragrawe wat losstaande gedagtes gevorm het. Praat van ‘n ‘information overload…!’ Tog het die boek op my gegroei sodat ek in later hoofstukke die leeservaring begin geniet het, en heelwat stof tot nadenke daaruit kon put.

Die hoogtepunt van die boek kom uit die stofhoofstuk, waarin ‘n artikel deur R. Scott Rodin aangehaal word. Rodin skryf dat hy in sy jonger dae gereken het dat die Skrifgedeelte uit 2 Samuel 7:3 die onderwerp ‘leierskap’ perfek opsom.
‘Gaan heen, doen alles wat in u hart is, want die Here is met u,’

In later jare het hy tot ‘n ryper insig gekom, sodat hy leierskap nou baseer op Fillipense 2:7.
‘He (Jesus) made Himself ‘n man of no reputation, taking on the very nature of a servant’.

Dit word treffend in die boek gestel.
‘Reputation, image, prestige, prominence, power and other trappings of leadership were not only devalued, they were purposefully dismissed. Jesus became such a man. Not be default or accident, but by intention and design. And it was only in this form that He could serve, love, give, teach, and yes, lead.
In his reflections on leadership, Henri Nouwen refers to this as resisting the temptation to be relevant. To have nothing to offer than your own vulnerable self.

Om daarby aan te haak, Pastoor vertel tydens ‘n onlangse oggenddiens dat die nuwe gonswoord in Amerika ‘G.O.A.T.’ is. Menige jongeling aspireer om ‘n ‘GOAT’ te word – to be the greatest of all times.

Dit is presies die teenoorgestelde van Jesus se boodskap van selfverloëning, van nederigheid en diensbaarheid, Draai die ander wang en loop die ekstra myl. En deur juis die volmaakte voorbeeld van Sy eie lering te wees, het Jesus inderdaad die grootste (leier) van alle tye geword.

Advertisements
This entry was posted in Geestelik. Bookmark the permalink.

1 Response to GOAT

  1. Interessant, dat die bok as nastrewenswaardig verhef word 🙂 Duidelik het hierdie spulletjie nie ‘n Bybelse verwysingsraamwerk nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s