Reisiger

Ek loop ‘n kennis van ouds in ‘n winkelrak raak. Hy knoop ‘n geselsie aan, en ‘n uur later groet ons spytig en loop elk met sy eie inkopiewaentjie in teenoorgestelde rigtings in die winkelgang af.

Hy het ‘n deurleefde wysheid in sy oë en ‘n weerloosheid om sy mondhoeke. ‘n Uiters interessante mens, wat gespreksbydraes kan maak oor bykans elke onderwerp onder die son. Hy vertel dat daar reeds vier jaar verloop het vandat hy op vervroegde aftrede gegaan het. Die rede daarvoor was dat hy nie gewaardeerd gevoel het in die werksomgewing nie. Dit was net nie meer lekker nie, toe vat hy sy goed en loop. Hy is vandag spyt daaroor, beken hy peinsend. Hy mis die stimilu van die werksomgewing, om daagliks met sy professionele eweknie skouers te stuur. Hy het nog baie oorgehad om by te dra, mymer hy voort. ‘Byt vas vir so lank as wat jy kan’, maan hy, ‘die oomblik as jy met pensioen gaan begin jy om te verarm’.

Hy deel van die stokperdjies waarmee hy hom dese dae besig hou. Geen gewone oumens bedrywighede vir hierdie kleurryke mens nie! Van die kleinkind, appel van sy oog, na wie hy smiddae na skool help kyk. Dat hy dese dae ‘n vegetariër is, uit beginsel teen die doodmaak van diere gekant.

Hy lyk nie ‘n dag ouer as wat ek hom onthou nie. En ek het ‘n vermoede dat hy ook nooit regtig sàl nie. Hy sal vir ewig aktief deelneem aan die reis van die lewe. Dit maak van hom ‘n merkwaardige mens.

Advertisements
This entry was posted in Mymeringe. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s