Beleggings

Ek verstom my aan die lukrake raad wat dikwels deur goedbedoelde volwassenes aan my tienerdogter uitgedeel word. Voorbeelde daarvan in onlangse insidente is die volgende.

‘Studeer in die regte rigting en gaan werk oorsee. Hier is nie ‘n toekoms vir kinders in hierdie land nie’
‘As jy eendag begin man soek, vra jouself net drie vrae. Wat pay hy, waar bly hy en wat ry hy’
‘Moet liewer nie eendag trou nie, selfs Paulus in die Bybel sê so’

Toegegee, soms kom die raad dalk met ‘n tong in die kies, maar steeds, ‘n tiener is soos ‘n spons as dit by die dinge van die lewe kom. Ek verstom my soms aan mense se vrymoedigheid in dié verband, maar moet in dieselfde asem erken dat ek ook per geleentheid goedbedoelde raad aan ‘n ander se kind uitdeel.

Ek het al eerstehands beleef dat dit eenvoudig nie die moeite werd is om met iemand te argumenteer wat raad van ‘n teenstrydige of kontroversiële aard aan my tiener bied nie. Inteendeel, dit vererger dikwels die situasie, aangesien die persoon dan met groot passie en drif sy standpunt probeer regverdig, en in die proses net meer gif in my kind se kop prop. Die weg wat ek gewoonlik volg, is om my kind eenvoudig uit die gesprek te probeer verwyder. Later, op ‘n gepaste geleentheid, sal ek haar dan nooi om die saak te bespreek. Ek verduidelik dan aan haar hoekom ek van die stelling verskil, en bied alternatiewe sieninge aan haar.

Dit is seker ‘n normale reaksie vir mense wat al meer van die lewe gesien en beleef het, om te wil raad gee aan ‘n jongeling wat aan die brink van sy lewe staan. Dit moet egter met omsigtigheid en goed deurdag gedoen word. Woorde is dikwels ‘n belegging in ‘n kind se lewe. Laat my raad ‘n goeie belegging wees wat dividende lewer, en nie ‘n belegging wat later ‘n sware las op ‘n kind se gemoed word nie.

Advertisements
This entry was posted in Ouerskap. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s