My droom

Ek deel met my tienerkind uit ‘n juweel wat ek in Pieter van Jaarsveld se boek ‘Gelukkige kind’, ontdek het. Die outeur deel naamlik dat elke mens ‘n droom moet najaag om waarlik sinvol gelukkig te kan leef.

‘My droom is om eendag ‘n kuur vir ‘n gevreesde siekte te ontwikkel’, deel my meisiekind sonder aarseling. Ek beny haar die goed gedefinieerde droom.

Ek bieg teenoor haar dat ek, in my huidige lewensfase, nie ‘n droom of duidelike doelwit het waarvoor ek werk nie. Die ding is, teen die ouderdom waar ek tans is, is ek bevoorreg genoeg om reeds ‘n paar groot drome te kon verwesenlik. Ek hét toe die Comrades ultra-maraton voltooi. Ek hét toe provinsiale kleure in landloop verwerf. Ek sal weliswaar graag weer die 1500m wedloop om die atletiekbaan wil aandurf, maar eers wanneer ek ouer is sodat ek in ‘n meer gevorderde ouderdomskategorie mededingend kan kompeteer.

‘Hoekom gaan Mamma nie vir die sing-ding nie?’, stel my dogter voor.’
‘Dit trek my nie regtig op hierdie stadium nie’, antwoord ek.
‘En die klavier…”, pols sy verder.
‘Nee, daarvoor is ek tog nie lus nie. Ook nie meer om viool te leer speel nie’, keer ek.
‘Skryf ‘n boek!’, doen sy aan die hand.
‘My inspirasie om te skryf loop op hierdie stadium iewat laag’, bieg ek.
‘Wat van liefdadigheid? Dit is altyd ‘n goeie droom?’, probeer my dogter weer.
‘Daar is niks waaroor ek nou passievol voel nie. Ek wil nie iewers betrokke raak net uit skuldgevoel of verpligting nie’, verduidelik ek.

‘Bid daaroor’, doen my dogter aan die hand.
‘Op daardie oomblik breek daar vir my lig deur.
‘Ek hét ‘n droom!’, deel ek met my kind. ‘Ek wil vir Pappa die gelukkigste man op aarde maak, en ek wil vir jou GROOT grootmaak. Ek wil hê jy moet glo dat jy ENIGE IETS kan doen. Ek wil vir jou vlerke gee!’, roep ek begeesterd uit.
‘Dít doen Mamma nou al vir jare’, sê my liewe dogter opreg.

Daar kom lê ‘n sagte vrede in my hart. Dit is ‘n edele droom vir my huidige lewensfase, ‘n droom waaraan ek my tyd, aandag en hulpbronne met oortuiging en groot liefde sal wy.

Advertisements
This entry was posted in Hartsdinge. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s