Nuwe plan

Tydens my jaarlike besoek aan my ginekoloog, deel my dokter my mee dat my bloedtoets toon dat my hormoonvlakke amptelik die vlak van vroeë menopause bereik het. Ek is nie verbaas nie. Die tekens wys al die afgelope jaar daarop. Tot op daardie stadium het ek redelik goed daarin geslaag om die simptome van menopause, soos die aaklige naggloede, doeltreffend te onderdruk. Vital se Evening Primrose Oil, Annique se rooibos- en heuningbostee en FeelgoodHealth se Menopause Combo op ‘n daaglike basis, blyk ‘n wenkombinasie te wees!

Daar is egter een kwelpunt wat ek nie gewen kry nie. Ek bespreek die teerheid in my blaas met die slimme dokter. Dit wissel van ‘n vae gevoel van ongemak, tot soms pynlik genoeg dat dit my daaglikse funksionering demp. Dit wil voorkom asof fisiese aktiwiteite, soos om te draf, die pyn ‘trigger’. My huisdokter behandel dit as blaasontsteking, maar behalwe die ongemak in my blaas, het ek geen ander tipiese simptome van blaasontsteking nie. My huisdokter skryf dan antibiotike voor, wat nie ‘n effek op langtermyn vir die probleem bied nie. Ek het myself met Septoguard, ‘n natuurlike antibiotike, en Urispas, wat veronderstel is om die blaas te ontspan, begin dokter. Dit sou na ‘n dag of drie verligting bring, maar die pyn sou kort daarna maar weer terug wees.

My ginekoloog luister na my lang relaas, en sê toe dat dit my nie my blaas is wat die probleem veroorsaak nie. Dit is eerder my baarmoederwand wag verdun as gevolg van ouderdom, blykbaar ‘n algemene klagte onder vroue van my jare. Die oplossing is om twee maal weeklik ‘n lae dosis esterogeen te gebruik, op chroniese basis, om die baarmoederwand te voer.

Vir hormoonvervangingsterapie is ek nog altyd baie versigtig, veral omdat my radioloog my as ‘n hoë-risiko geval vir borskanker beskou weens my geskiedenis van infertiliteitsbehandeling. Toe ek my ginekoloog daarvan vertel, is sy mening dat hy nie noodwendig met die opinie saamstem nie. Hy verseker my voorts dat die studie wat beweer dat hormoonvervanging die risiko van borskanker verhoog, in later jare uitmekaar geskeur is. Die lae dosis esterogeen wat hy vir my voorskryf, hou byna geen risiko vir my in nie, ‘n bevinding wat later deur my radioloog bevestig is. My ginekoloog beloof dat die gereelde pyn in my baarmoeder, asook ‘n paar ander netelige kwessies, binne weke uitgesteer sal wees.

Dit was ‘n gesukkel om die esterogeen-aanvulling as chroniese medikasie op my mediese fonds te registreer, maar dit is darem ten einde laas goedgekeur. Steeds was ek baie huiwerig voor die eerste toediening, al die sê-nou-maar’s het deur my kop bly maal. Die indrukwekkende stel moontlike newe-effekte op die vou-biljet het my nie juis beter laat voel nie. Ek het op die ou einde besluit om my hoogs ervare en kundige ginekoloog te vertrou. Die alternatief, om onbepaald met die pyn en ongemak in my lae buik saam te leef, is uiters demoraliserend. Dit maak my gemoed loodswaar en is iets wat nie op langtermyn in die gesig wil staar nie.

Die toediening was, anders as wat ek aanvanklik gevreees het, vinnig en maklik. Ek kon geen onmiddelike teen-reaksie in my liggaam en algemene gesondheid waarneem nie. En kan jy glo, na ongeveer twee maande het die pyn in my baarmoeder so te sê verdwyn. Nou, ses maande later, gebruik ek steeds twee-weekliks esterogeen, en ervaar slegs by hoë uitsondering pyn in my buik-area. Die grootste newe-effek is gewigstoename, waarteen die vou-biljet ook gewaarsku het. Ek het vyf kilogram in twee maande se tyd swaarder geword, en kry dit om die dood nie afgeskud nie, hoewel ek oefen en versigtig eet. Ek moet eerlik wees, dit is ‘n groot frustrasie. Maar in die geheelprentjie is die gebruik van esterogeen die moeite werd, die pyn het so te sê uit my lewe verdwyn, en boonop val my hare glad nie meer uit nie, wat ook ‘n groot probleem van menopause was. Ek is bly dat ek ‘n oplossing kon kry wat vir my werk.

Advertisements
This entry was posted in Leefstyl. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s