Persepsie

Ons tienerkind is op ‘n skoolkamp en ek en Liefman besluit om ons kans te gebruik om ‘n slag te gaan uiteet. Ons koop ‘n lekker bottel rooi om saam te neem, en sit af na ons gunsteling restaurant.

Ons is halfpad deur ‘n smullekker voorgereg van skaapstertjie, toe die paartjie die restaurant betreë. Sy met oë styf toegeknyp, hy wat haar hand-teen-die-rug na die tafel langs ons eie stuur. Hy het ‘n bos blomme in sy hand, en ek sien hoe hy agterlangs ‘n klein boksie in die kelner se hand sit, met ‘n instruksie wat hy in haar oor fluister. Sy metgesel kry toestemming dat sy haar oë mag oopmaak, en sy is duidelik oorstelp oor die moeite wat gedoen is.

‘Hulle gaan seker vanaand verloof raak’, fluister ek opgetoeë in Liefman se oor. Maar die romanse twee tafels brand veel hoër, met ‘n jong paartjie wat hul oë en hande nie van mekaar kan afhou nie, duidelik dolverlief. By die tafel langs ons, met die groot gebeurtenis waarvoor ek wag in gedagte, gaan dinge erg gewoon sy gang. Sy praat en lag ‘n titsel te hard, en haar kêrel se oë dwaal half verveeld oor die res van die restaurant-gangers. Hulle hou nie hande van nie, praat nie sag en intiem in mekaar se ore nie, en lyk oor die algemeen nie na ‘n paartjie aan die brink van ‘n opwindende lewe saam nie…

Ons ete is klaar voordat die groot vraag by die tafel langsaan gevra word. In die motor op pad terug huis toe is, praat ek en Liefman oor die paartjie en die gebrek aan romanse. Ons het nie veel hoop vir die lewensvatbaarheid van die twee se langtermynverhouding nie.

‘n Paar dae later kom Liefman met interessante nuus by die huis aan. Hy het die dame van die-tafel-langsaan in ‘n winkel herken, en eie aan sy aard, ‘n geselsie aangeknoop. Toe hy uitvra oor die verdere verloop van hulle groot aand, vertel sy dat hulle al agt jaar getroud is, en dat haar man, vir ‘n verrassingsgeskenk, ‘n replika geskep het van die aand waarop hulle destyds verloof geraak het.

In my gedagtes word die man onmiddelik verhef tot die dierbaarste, mees romantiese eggenooit ooi. Ek kry skaam oor my vooropgestelde opinie, sonder dat ek enigiets van die ware situasie wis.

Mag hy nooit ophou om verrassings uit te dink nie, en mag sy nooit moeg raak daarvoor om sy kreatiwiteit te beloon nie.

Advertisements
This entry was posted in Liefde. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s