Breinsake

Ek lees baie en ek lees graag. Ek het onlangs ‘n splinternuwe lekkerte ontdek, om e-boeke by die provinsiale bibliioteek uit te leen en in elektroniese formaat te lees. Dit is soos ‘n nuwe skatkis wat voor my oopgegaan het. Nou lees ek éérs lekker. Ek het oor die jare talle juwele raakgelees, wat indruk op my gemaak en waarde tot my lewe toegevoeg het. Oor die laaste paar jaar lees ek uitsluitlik nie-fiksie, om as mens te ontwikkel en by ander te leer, is ‘n voorreg en ‘n vreugde.

Dr Caroline Leaf se ‘Switch on your brain’, is ‘n boek soos min wat ek al gelees het. Ek het waarhede daarin ontdek waarvan ek glad nie bewus was nie, wat in my middelveertigs nie iets is wat te gereeld gebeur nie. Die lees van die boek was dus vir my ‘n baie opwindende belewenis.

Vervolgens ‘n paar hoogtepunte uit die boek.

Elke mens beskik oor ‘n bewuste en ‘n onder-bewuste brein. 90% breinaktiwiteit vind in die onderbewuste brein plaas, teenoor net 10% in die bewuste brein. Wanneer jy ‘n nuwe aktiwiteit aanpak, soos om te leer fiets ry, begin die denkprosesse in die bewuste brein. Soos wat jy aanvanklik sukkel, maar aanhou oefen en probeer, kry jy dit op ‘n dag reg. Daarna hoef jy nie meer te dink aan wat om te doen wanneer jy fietsry nie.

Ons sê dan ons kry dit outomaties reg, maar dit is nie die waarheid nie. Wat eintlik gebeur het, is dat die denkprosesse deur herhaling na die onderbewussyn geskuif het. Elke keer wanneer ek nou fietsry, dink die brein steeds deur die prosesse, maar nou gebeur dit in die onderbewuste brein.

Dit werk met elke aksie so. As ek byvoorbeeld altyd negatief dink, word die onderbewuste brein geleer om negatief te praat en te reageer, en word negatiwiteit naderhand ‘n spontane reaksie.

Die brein kan egter geleer word om dit om te keer, deur te kies om in elke situasie positief en opbouend te dink, deur onder meer Skrifgedeeltes te memoriseer. Wanneer dit lank genoeg volgehou word, sak die nuwe denkpatrone tot in die onderbewuste brein. Die gevolg daarvan is dat positiwiteit ‘n spontane reaksie word. Kragtige gedagtes!

As ‘n mens slaap, is dit die tyd wanneer dr Leaf sê verwerking van die bewuste na die onderbewuste brein plaasvind. Dit verduidelik hoekom ‘n mens soms emosioneel nie op jou beste voel wanneer jy pas wakker word nie.

Dr Leaf beveel ‘n vyf-stap program aan om jou brein te herbedraad:

1. Word bewus van jou gedagtes
2. Ontleed jou gedagtes. Verwerp negatiewe of onwenslike gedagtes, of verander dit sodat dit ‘n gesonde gedagte word.
3. Hou ‘n dagboek waarin gedagtes aangeteken word. Gebruik kleur, sketse of diagramme om dit interessant te maak. Dit is die formaat waarin die brein inligting die effektiefste opneem.
4. Gaan terug na die gedagte-joernaal. Beoordeel die gedagtes, identifiseer ongesonde gedagtes en vervang dit met opbouende gedagtes, soos gedeeltes uit die Bybel. Hierdie stap is gemik op vordering en om na oplossings vir ongesonde gedagtes te soek.
5. Daarna volg ‘n aktiewe fase waar die besluit om te verander aktief implementeer word. Hier word gedagtes belyn met belydenis en tot uitvoer gebring.

Ek sê nie sommer dat ‘n boek ‘n lewe kan verander nie, maar as dr Caroline Leaf se ‘Switch on your brain’ toegepas word, het dit alle potensiaal daartoe.

Ek voel bemagtig en baie dankbaar dat ek kon deel in die lering wat in hierdie sktiterende boek aangebied word!

Advertisements
This entry was posted in Inspirasie. Bookmark the permalink.

1 Response to Breinsake

  1. Toortsie sê:

    Baie interessant. Ek het nie geweet ‘n mens kan E-boeke by die bib uitneem nie.
    Nee, een boek gaan dit dalk nie regkry om jou totaal te verander nie, tensy jy alles toepas wat dit sê nie, maar ek voel dat as jy net een ietsie daaruit leer, dit reeds ‘n groot invloed kan hê.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s