Wittebrood nr ???

Ons lê langs mekaar op ons helderkleurige strandmatjies en ek nestel teen jou aan. Jou hand gly soekend oor my sy en vind ‘n rusplek in die holte bokant my heupbeen

Die wind speel tergend oor my sondeurdrenkte vel. Die ruising van branders wat immer strandwaarts gallop, vorm die volmaakte agtergrondmusiek.

Kinders gil luid van jolyt en vind hulself in sorgelose spel.

Laatmiddag neem ons op die balkon van ons vakansiewoonstel stelling in. Ons sit en kyk vir etlike ure hoe haastige branders tromp-op in tamaaie stukke rots vasjaag. Om dan in weerwraak ‘n indrukwekkende boog sproei hoog die lug in te projekteer.

En verwonder ons aan die soet klank van kwettering wanneer voëls in vlug weer neswaarts keer.

Bietjie vir bietjie,

stukkie vir stukkie,

verlaat die angstige gejaagdheid van elke dag se dinge my siel.

Hierdie is ontspan…

herlaai…

weer-mens-word

in sy heel beste baadjie.

So saam met jou.

Advertisements
This entry was posted in Hartsmense. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s