Die mooi in gebrokenheid

‘n Bloginskrywing uit my tienerkind se pen:

Ek het vandag deur die tuin geloop en by een van die blompotte tot stilstand gekom. Ek het ‘n ruk lank na die winterblomme gestaar. Ek was geskok om die dooie blomme rustig in die pot te sien staan. Dat iets wat eens so mooi was nou oud, lelik en leweloos in die pot staan. Dat iets wat eens so vrolik was nou treurig en waardeloos lyk. Iets wat eens pragtig was nou faal en hartseer lyk. Iets wat eens van lewe gelag en gestraal het, nou bruin en stukkies wit blomme in het. Iets wat nou al sy lewenslus verloor het.

Ek het my hand uitgestrek en die blomme gepluk. Dit is nou so delikaat en hulpeloos waar dit voorheen mooi en sterk was. Ek het nog ‘n lang ruk na die blomme in my hande gestaar. Na ‘n ruk het die blomme egter begin mooi lyk. Nie die mooi van voorheen nie, maar nou ‘n delikate, gekoesterde, genoegsame mooi van ou herinneringe. ‘n Meer innerlike mooi wat nie soos die mooi van voorheen is nie. Die blomme het egter vir my mooier dood as lewend gelyk, want dit steek nie sy gebrokenheid weg nie – omdat hy so ‘n diep en tevrede uitdrukking uitstaal. Dit is een van baie herinneringe en dié van iemand wat geliefd is. ‘n Mens moet net met die regte oë na iets kyk, en jy sal die mooi in dit vind. ‘n Gesig van liefde, genoegsaamheid en blydskap.

Ons mensdom sien mekaar as dooie ou blomme wat lankal sy waarde verloor het. Maar God het ons nie soos dit gesien nie. Hy het die mooi in ons gebrokenheid gesien en Hy sien die mooi in ons elkeen, wat onsself nie eens kan sien nie. Hy het aan die kruis vir ons gesterf sodat ons gered kan wees, en die gevoel van liefde en genoegsaamheid ervaar. Sodat ons die mooi in die lewe, die wêreld, en jouself en ander kan sien.

Ons moenie mekaar verkleineer en veroordeel nie, want ons kyk nie altyd met die regte oë nie. Kyk met God se oë en jy sal die mooi in daardie een persoon sien wat jy eintlik nie kan verdra nie.

This entry was posted in Liefkind. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s