Minimalis-in-wording

My huidige gunsteling Facebookblad is ‘becoming minimalist’. Elke liewe aanhaling wat daarop geplaas word, vind diep in my siel weerklank. Die volgende is maar ‘n paar voorbeelde daarvan:

‘May the inheritance you leave for your children be greater than material wealth’

‘Your home should be the antidote to stress, not the cause of it’

‘When you choose to collect experiences rather than things, you never, ever run out of storage space’.

‘The best portion of your life will be the small, nameless moments you spend smiling with someone who matters to you’

‘Always find time for the things that make you feel happy to be alive’

‘Stop the glorification of busy. Busy, in and of itself, is not a badge of honour. It is okay to not be busy.’

‘If you’re tired of organizing stuff, stop buying stuff.’

‘De-cluttering is self-care’.

‘At some point I realized that I wasn’t organizing my life; I was organizing my clutter.
That’s when I changed strategies: I went from word-class organizer to word-class de-clutterer.
Instead of arranging and containing things, I got rid of them. Instead of shuffling them around my house, I escorted them out of my house.’

Die laaste stelling was ‘n groot ‘eye-opener’ vir my. Na baie jare van op groot skaal opgaar en kla dat ek te min plek vir al my goed het, het ek uitendelik besef dat ek nie te min plek het nie, maar te veel goed! Waarvan ek boonop die meerderheid selde of ooit gebruik.

Die beste boek wat ek die afgelope jaar gelees het, is ‘Switch on your brain’, deur dr Caroline Leaf. Op haar Facebookblad, maak sy die volgende stelling, wat ek heelhartig beaam.

‘When you are in a messy space stress levels rise. Try make your home a sanctuary by throwing away anything you haven’t used in the last six months and invest in storage to keep things organized. You don’t have to do the whole house at once! Start with a room of corner. Just five to ten minutes of cleaning will help reduce cortisol, boost your mood, and make you feel more in control!

Die afgelope Desember-vakansie was ek vir drie weke met verlof, en ons het hierdie slag tuis gebly in stede daarvan om met vakansie te gaan soos wat ons gewoonlik ons verloftyd benut. Dus het ek heelwat meer tyd as gewoonlik op hande gehad. Projek De-clutter het spoedig begin vorm aanneem. Ek het eers items eenkant gesit wat in ‘n goeie toestand is en geskenk of aangegee kan word. My dogter, nou al ‘n tiener, het ‘n eindelose arsenaal sagte speelgoed in haar kas waarvoor daar nie eintlik meer nut of plek is nie. Sy het ‘n paar items gekies waaraan sy sentimentele waarde heg omdat sy dit van ‘n spesiale persoon ontvang het, en die res is aangegee vir my huishulp se twee dogtertjies. In dieselfde lyn is my dogter se kleuter-grootte klere en speelgoed van dieselfde ouderdom vir my suster se ougat dogtertjie geskenk. Die moeilikste was om van boeke ontslae te raak, aangesien ons hele huishouding gek is na lees. As daar nie meer plek op die boekrak vir al die boeke is nie, is daar net een manier om die probleem op te los… Klassieke boeke het hul plek op die rak behou. Daar was boeke wat ons slegs vir ‘n sekere fase gebruik het, soos oor die onderwerp van baba- en kleutersorg. Daar was skrywers oor wie ons eens gek was, en die een na die ander boek van aangekoop het, maar wat ons intussentyd ontgroei het. Daar was boeke was ons as geskenk ontvang het, en nooit by uitgekom het nie. Al die boeke is in ‘n kartoonboks gepak, en aan ‘n plaaslike kerk geskenk. My linnekas is uitgepak, en ‘n magdom oorbodige items is aan my dankbare huishulp geskenk, wat die voorneme bekend gemaak het om dit waarvoor sy nie nut het nie, aan bure en haar kerk uit te deel. Kombuistoebehore wat nie meer gebruik word nie en die kaste volstaan, is aan familielede geskenk wat wel nut daarvoor het. Al die ontvangers van die oorbodige items uit my huis was baie dankbaar en opgewonde oor dit wat aan hul geskenk is. Ek het sommer skaam gekry, om al die jare vas te klou aan vele items wat ek nie gebruik nie, terwyl dit vir ‘n ander soveel waarde het.

My opgaarder-van-formaat eggenoot, wat wonderlikbaarlik aan my de-clutter gier gebyt het, het ‘n massiewe Skip-houer vir die tweede fase van ons Groot Projek gehuur. Daarin het die items beland wat my aan die kinderliedjie laat dink van die lappop wat op die ashoop beland het. In ons Skip-houer was daar na twee dae se sif en weggooi ‘n paar gekraakte skinkborde, plastiese bakkies sonder deksels, onpaar sokkies, stukkende blompotte, die-jaar-toet se opgeleesde tydskrifte, stukkies afvalmat van toe ons ‘n dekade gelede nuwe matte gelê het, die raamwerk van ‘n strykplank wat toeka vervang is… Die lys is eindeloos. En raai, toe ons weer ons oë uitvee, klim haweloses en armes pens en pote in die groot houer op ons sypaadjie, en sif deur ons ongewenste goedere met dieselfde opwinding en afwagting as wat ek ‘n winkel wat ‘n uitverkoping adverteer binne-stap. Hulle stap hoogs in hul noppies weg met hul fondse. Wat my net weer laat besef, die een se rommel is die ander se skat.

Die grootste oorsaak van my self-geskepte chaos was dat ek baie sentimenteel was in my jonger jare. So het ek byvoorbeeld die sjokolade se papieromhulsel gebêre wanneer die ontvangs daarvan vir my spesiaal was. Of stukkies geskenkpapier van besondere geskenke. Ek doen dit lankal nie meer nie, maar daardie items het baie plek geneem en wanorde geskep.
Nog ‘n faktor was dat ouer familielede ‘n stadium bereik het waarvan hulle van huishoudelike items ontslae wil raak. Die items het dan dikwels in my huis beland, en daar ook maar in onbruik verval. In die toekoms sal ek die ontvangs van derglike items liefs op ‘n mooi manier van die hand wys.

Voorts wanneer my famlie oudergewoonte vra wat op my verjaardaggeskenk-wenslysie is, sal my standaard antwoord wees: ‘Enige iets wat ek kan plant, kan opeet, of in ‘n redelike tydperk kan opgebruik. Net nie iets waarvoor ek ‘n bêreplek moet soek nie’.

Ek en my man is baie trots op die einderesultaat van Projek De-clutter. Ons huis sien pragtig georden en netjies daar uit, en is boonop nou veel makliker om skoon te hou. Ons ontdek steeds met gereelde tussenposes items wat ons kan skenk of weggooi omdat ons nie nut daarvoor het nie. Ons ontdek winkels wat ‘n nuwe wêreld vir ons oopmaak en slim planne bied om beskikbare spasie optimaal te benut.

Ek is gek na ons nuwe leefstyl, en wil nooit weer teruggaan na die gemeenskap van die opgaarders nie. Ek is ‘n minimalis (in-wording) en trots daarop!

This entry was posted in Leefstyl. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s