Hardeskryf probleme

‘Ek wonder of die verwerkingspoed stadiger word wanneer ‘n rekenaar oud word’, vra ek nou die dag heel tong-in-die-kies vir my niksvermoedende familie.
‘Dit kan seker wees.’, antwoord my man.
Waarop ek toe kamma-kla, ‘Want dieselfde ding gebeur met my… My brein kan nie meer byhou wanneer mense vinnig praat nie!’.

Ek het in die kerk bewus geword van die nuwe probleem. Die ding is dat Pastoor soms baie opgewonde raak wanneer hy preek. Hoe meer meegevoer hy raak, hoe vinnniger en harder praat hy. Soms lyk dit asof hy baklei teen die versoeking om op en af te spring. Of wie weet, synde die omgewing, dalk ‘n entjie in die lug op te styg! Maar hoe dit ook al sy, na ‘n rukkie bêre ek met ‘n gelate sug my notaboekie en pen in my Bybelsak. Die probleem is nie dat ek nie vinnig genoeg kan skryf nie – maar dat ek nie vinnig genoeg kan luister nie! Ook vergeet ek soms ‘n naam net nadat iemand aan my voorgestel word, of ‘n welbekende woord wat ek tydens ‘n gesprek wil gebruik. Onlangs moes ek selfs noodgedwonge eers ‘n rukkie dink oor die antwoord toe ek onverwags na my ouderdom gevra is!

Ek deel die Maandag by die werk daaroor met my werkmaters. ‘Dalk is dit stresverwant?’, doen een van hulle aan die hand. ‘Of dalk is dit net die ouderdom’, stel die ander een skalks voor. En bieg toe darem dat hy dieselfde probleem ondervind.

‘Mens kan iets doen aan ‘n brein wat oud en lui word’, doen die jong wetenskaplike in die huis aan die hand. Ek is bewus daarvan dat ‘n brein gereeld geoefen moet word om aktief en gesond te bly, op dieselfde manier as wat ‘n atleet haar liggaam moet oefen om fiks te bly. Uit die aard van my werk kry my brein darem gereeld stimulasie. Voorts geniet ek intellektuele speletjies soos blokraaisels invul en legkaarte bou. Om nie-fiksie boeke te lees, deel van ander mense se stories te word en op ‘n kreatiewe dag my eie neer te pen.

Dit is ook maar goed so. As die Here dit so wil, beplan ek om stokhoringoud te word, en tot dan my plek in die samelewing vol te staan. Daarvoor het ek elke liewe breinsel nodig!

This entry was posted in Ligweg. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s