Doolhof

Ek het niks daarvan gedink toe my ginekoloog, tydens ‘n jaarlike roetine-ondersoek, aanbeveel dat ek vir my eerste beendightheid toets gaan nie. My ma het weliswaar osteoporose, maar juis as gevolg daarvan, doen ek vir etlike jare al alles in my vermoë om die siekte te systap. Ek oefen gereeld, ek is lekker bruingebrand weens sonblootstelling om my vitamiene-D vlakke ‘n hupstoot te gee, en ek gebruik daagliks ‘n kalsium-aanvulling. Groot was my skok en ontnugtering toe die radioloog my meedeel dat ek reeds osteoporose het, en dat natuurlike hulpmiddele nie meer my wa deur die drif gaan trek nie. Ek moet vir die res van my lewe medikasie daarvoor gebruik.

Die radioloog, my ginekoloog, en my huisdokter het al drie aanbeveel dat ek Boniva gebruik. So gesê, onmiddelik so begin maak. Boniva word een keer per maand op ‘n nugter maag gedrink, en vir ‘n uur nadat die pil gesluk is, moet tjoepstil regop gesit word. Met my eerste inname van Boniva het ek vir ‘n hele dag lank intense braking gehad. My huisdokter het aanbeveel dat ek twee dae voordat ek Boniva gebruik, een Nexmezol-pil per dag drink, wat die naarheid uitsorteer het. Vyf maande nadat ek Boniva begin gebruik het, het ek egter spysverteringsprobleme begin ervaar wat uiterste ongemak veroorsaak het. Sooibrand, ‘n vol gevoel nadat ek net ‘n klein bietjie geëet het, ek het nooit honger geword nie, en dit het gevoel asof voedsel op my borsbeen sit, en nie verder af wil gaan nie. Ek het my simptome met my huisdokter bespreek, wat voorgestel het dat ek vir ‘n gastroskopie gaan. Die prosedure is onder ligte narkosing gedoen, en was glad nie pynlik of ongemaklik nie. Na afloop van die gastroskopie het die slimme chirurg my meegedeel dat ek inflammasie in my maag het, en dat dit na alle waarskynlikheid as gevolg van die Boniva-medikasie is. Ek het daaroor op Google gesoek, en tot my onthutsing ontdek dat dit algemene newe-effekte van die gebruik van Boniva is.

Die chirurg het my beendigtheidverslag vir ‘n endokrinoloog wat spesialiseer in osteoporose gestuur. Nadat met bloedtoetse bepaal is dat my kalsuim en vitamiene D vlakke normaal is, het die spesialis aanbeveel dat ek, vanweë my ouderdom van laat veertigs en my beendightheidsvlakke, nie op hierdie stadium nodig het om medikasie vir osteoporose te gebruik nie. Ek moet die gebruik van Boniva onmiddelik staak, en dit is ook nie nodig om die jaarlikse binne-aarse medikasie vir osteoporose, Aclasta, te gebruik nie. Die spesialis is van mening dat medikasie soos Boniva eintlik bedoel is vir persone wat op baie gereelde basis frakture opdoen, of ‘n beenbreuk het wat nie wil heg nie. Aangesien ek nie met hierdie probleme sukkel nie, is dit nie nodig dat ek die medikasie gebruik nie. Ek kan volstaan by ‘n goeie Kalsium aanvulling, soos Caltrate plus, of B Cal DM, soos wat ek tans reeds doen. Medikasie word voorgeskryf om die inflammasie in my maag te behandel.

Ek moet erken dat ek nogal ontsteld gelaat is deur die hele ondervinding. Ek het net weereens besef dat die gebruik van medikasie nie ligtelik opgeneem moet word nie. Dat die soek van ‘n tweede opinie soms deurslaggewend is. Ek het rustigheid en vrede dat ek nou in die regte hande is, en ek het baie waardering en respek vir ‘n chirurg wat alles in sy vermoë doen om my probleem aan te spreek, en werklik die tweede myl vir sy pasiënte loop. Oplaas het ek die ligkol in die doolhof gevind.

This entry was posted in Leefstyl. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s