Op reis

Een aand tydens ‘n selgroep-byeenkoms het ‘n vrou, ‘n paar jaar my ouer as ek, terloops genoem dat sy die Bybel al drie maal deurgelees het. Dit het my aangespreek, aangesien ek in my vier dekades op aarde nog nooit die Bybel van hoek tot kant deurgelees het. Ek lees weliswaar gereeld Bybel, maar op die basis van hier-en-daar, hot-en-haar. Soms na aanleiding van die Skrifgedeelte in ‘n geestelike dagboek, soms om ‘n preekreeks te komplimenteer, en soms sommer soos wat ‘n gier of ‘n behoefte my pak. Hoe dit ook al sy, daardie dieselfde aand het ek my Bybel oopgeslaan by Genesis 1.

Dit is ‘n ongelooflike reis. Party van die Skrifgedeeltes wat ek sistematies deurlees, is oorbekend aan my, ander lees ek sowaar nou vir die eerste keer. Ek stel klein mikpunt en vier elke boek wat ek klaar lees. Ek kom tot baie dieper insigte in die proses. Soos dat die Here vir Esegiël ‘Mensekind’ noem, vir Daniël ‘Geliefde man’, en vir Sagaria ‘Jongman’. Boeke wat profesieë en visioene bevat en wat daarom tradisioneel moeiliker is om te verstaan en wat ek om daardie rede nog altyd vermy het, vind ek nou fassinerend en intellektueel stimulerend.

Ek is baie dankbaar vir die geestelike reis waarmee ek besig is, en sal nooit weer die Bybel op ‘n ander manier as sistematies, hoofstuk vir hoofstuk, boek vir boek, lees nie. Wanneer ek die laaste bladsy van Openbaring omblaai, sal ek dadelik weer by Genesis begin – waarskynlik in ‘n ander vertaling, of in ‘n ander taal.

Soos wat die Bybel deur die jare ontwikkel het, is daar uitgawes te kus en te keur. En steeds, na al die jare, bly dit die gewildste boek van alle tye! Ek weet hoekom… Ek ken die outeur deur wie hierdie Boek van alle boek geïnspireer is. Mag ek Hom, deur die lees van Sy Woorde, al hoe beter en meer intiem leer ken – elke dag vir die res van my lewe.

This entry was posted in Geestelik. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s