COVID-19 Lockdown gedagtes

Party dae voel ek geestelik sterk en moedig. Opgewasse vir enige uitdaging wat oor my pad mag kom.

Ander dae weer voel ek bang, uitgelewer en magteloos. Opstandig en kwaad. Gefrustreerd met almal wat so hard probeer om positief te bly. Dan wonder ek swartgallig wat die afsienbare toekoms vir ons almal inhou.

Gisteraand kruip ek vroeg in die bed, siende dat ek tans die enigste een in my huis is wat daagliks werk toe gaan. Na ‘n rukkie kom sê my dogter nag. Ek gee vir haar een van die gehoorstukkies van my selfoon se oorfone aan. Ons lê en luister saam in die donker na ‘n Michael W Smith konsert wat ek op die kunstenaar se Facebook-blad ontdek het.

Die gemeensaamheid van die spesiale gedeelde oomblikke vul my hart met dankbaarheid. Sodat ek opnuut besef: But still, I am blessed.

This entry was posted in Mymeringe. Bookmark the permalink.

1 Response to COVID-19 Lockdown gedagtes

  1. Watter kosbare samesyn…

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s