Pa se blomme

Tydens ‘n onlangse kuier by my ouers vertel my ma van haar vriendin wat sowaar al ‘n jaar lank dood is. My pa, wat ook die vriendin se begrafnis bygewoon het, gebied ons amper driftig:
“Julle doen niks by my begrafnis nie. Nie blomme nie – niks nie. Ek gaan in elkgeval van niks weet nie’.

Ek wil nog ‘n prekie afsteek dat ‘n begrafnis darem tog ook ‘n manier is vir die oorlewendes om afsluiting te kry, en hul hartseer in troos te probeer omskep deur vir oulaas iets spesiaals vir hul gestorwe geliefde te doen.

Maar dan gaan my pa voort:
‘Gee my liewer nou die blomme. Elke keer as julle kom kuier, dan is dit asof julle my ‘n groot bos blomme gee. Hy neem sy kleindogter se hand in syne en sê ernstig: ‘elke keer as jy my wilde wenkbroue tem met die tweezer, dan gee jy vir my ‘n bos blomme’. Die tienerkind se oë word klam en sy vlei haar teen haar oupa aan.

My pa se woorde roer my hart. Daarmee saam ‘n vaste voorneme om die res van my lewe te gebruik om altyd op soek te wees na ‘n geleentheid om ‘n figuurlike bosse blomme weg te gee, vir my bejaarde ouers, vir elkeen van my geliefdes – maar ook vir elke ander mens wat my pad kruis.

Sê Jesus dat nie dat, dit wat ons vir die geringstes doen, ons vir Hom ook doen nie?

This entry was posted in Hartsmense, Liefde. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s