Kla-kous, of nie…

Ons straat-af maters kom klop aan vir ‘n kuietjie. Ons maak koffie en gesels kort voor lank lustig oor gemeensaamhede in ons leefwêreld. Totdat my mater later opmerk: “Kom ons gesels oor iets meer positief”. Nadat ons gaste huis toe is, merk my man half-skuldig op dat hy nie eers agtergekom het dat die gesprek in ‘n negatiewe rigting geneig het nie.

‘n Week later gaan kuier ons vir vriende wat ons lanklaas gesien het. Ons kry nog ‘n slag ons sit met elk ‘n koffiebeker in die hand. Weereens dwaal die gesprek, volgens geoefende gewoonte, na die sake van die dag. Toe ons later huiswaarts ry, sê ek spytig vir my man dat daar ook maar nie veel vreugde daar te vind is nie…

Die daaropvolgende Saterdag besluit ek en my man om kort na wakkerwordtyd die Parkrun-roete in ons omgewing te gaan hardloop. Daar word nou al vir bykans ses maande geen formele Parkrun byeenkomste aangebied nie, aangesien ons land ons steeds in ‘n inperking weens die Covid-19 pandemie bevind. Maar daar is geen reël wat ons keer om die roete op ons eie te hardloop nie… Ek komplimenteer my man, wat onlangs tien kilogram in gewig afgeskud het en steeds sterk staan op die Karnivoriese eetplan, met sy mooi verbeterende hardloopspoed. Na aan die einde van die roete kom ons ‘n man tee wat in die paadjie stap. Hy het ‘n lang stok in die hand, hoed op die kop en sy maag loer onder sy hemp uit.
‘Goed-goed?’, groet my man vrolik.
‘Nee wat, dit help tog nie om te kla nie’, antwoord die man volgens sý geoefende patroon.
My man vergeet van al sy gewoonte-antwoorde, en troef die man met ‘n ‘Ek wíl nie kla nie!’.

Ek is gek na my man se antwoord. Is ons gesindheid nie tog maar op die ou end ‘n keuse nie. Dag vir dag, uur vir uur, kan ons kies om die goeie in die lewe uit die Here se hand raak te sien. Dit is per slot van sake tog maar die klein dingetjies wat die lewe mooier maak. En dan, ja dan, sal ons werklik nie wíl kla nie, omdat daar eenvoudig te veel is om voor dankbaar te wees.

This entry was posted in Ligweg. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s