Ouma…?

In ligte luim met ‘n tikkie selfspot…

Soos wat ons lief is om te doen, skop ek en Liefman die naweek af deur saam ons gunsteling Parkrun-roete te hardloop. Aangesien ons land steeds in die Covid-19 staat van inperking is, is die roete grootliks verlate want formele sportbyeenkomste is steeds verbode.

Ons het net 400m gehardloop toe ‘n jongman van voor af aangestap kom. Met tipiese Afrika-vrymoedigheid roep hy ons vriendelik toe: ‘Goeiemore Oupa en Ouma!’

Ek verstik amper in my spoeg van verontwaardiging. Dit is altyd lekker om deur ‘n vreemdeling gegroet te word, maar OUMA…? Ek het darem nou, in my laat veertigs, iewat teënsinning aanvaar dat ek gereeld ge-tannie gaan word. Maar vir ‘n ge-ouma is ek nog nie naastenby gereed nie. Régtig!

Ek besef dat die vrolike groet in der waarheid ‘n vorm van respek is wat daarop dui dat die jongeling goed grootgemaak is. Maar ai man, my binnekant voel skaars dertig… Tannie my eerder – net as jy regtig nie anders kan nie. Maar ‘n ouma is ek nog lánk nie.

; )

This entry was posted in Ligweg. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s