Nalatenskap

Op die dag wat jy jou vierde dekade betreë, loop my gedagtes ver paaie. Terug, die gisters in. Na waar dan nou ook anders heen?

Jy was ‘n kleine piekenien toe ons paaie ontmoet het. Seninglyfie, blink bokstert, ewe kontant. Alles wat goed en reg was in haar lewe.

Dit bly ‘n groot tragedie dat sy so gou moes groet. Deur omstandighede so bepaal. Had sy ‘n keuse in die saak, sou sy veel langer verwyl – daar het ek geen twyfel aan.

Toe ek self die pad na ouerskap betree, het sy haar goue reël gedeel. Maak soveel mense moontlik lief vir jou kind.

Ek sien die verwesenliking daarvan in jou, weet jy. Ek weet van min so geliefd en bemind in haar kring as jy. Juis dalk omdat jy geken word aan jou liefde vir mense.

Sy sal só trots wees op jou. Soos wat ek ook is.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s