Lesse van ‘n vuil kombuisvloer

Vroeg een Sondagoggend, aant jaag om my huismense betyds gereed te hê vir die kerkdiens, sug ek eers oor my vuil kombuisvloer. En merk dan tot my stomme verwondering dat een vuil kol in ‘n perfekte hartvorm wag om raakgesien te word. Ek roep my huismense op die daad kombuis toe, en elkeen buk ewe nader vir ‘n naby blik en is ewe verbaas oor die onmiskenbare hartvorm in die vuil kol op ons kombuisvloer.

Ek vertel hulle, net half-skertsend, dat dit my super-power, of dan my geheime talent is – om harte op ‘n vuil kombuisvloer en wolke in veertjievorm in die lug raak te sien. Ander mense mag dalk dink dat dit sommer ‘n lawwe talent is, maar vir my is dit kosbaar. Dan kyk ek my mense vol in die oë, en beloof opreg dat ek ook altyd vir die harte in húlle ‘vuil kolle’ sal soek.

In die motor op pad kerk toe praat die Heer se stem onmiskenbaar in my gees. ‘Ja, dis maklik om vir harte in vuil kolle te soek in die lewens van hulle wat jy liefhet. Maar wat van al die ander? Wat van die mense wat jou irriteer en frustreer. Wat eenvoudig met jou persoonlikheid bots. Wat van die mense wat jou verwond sodat jy nou vér draaie om hulle loop. Sal jy ook na die harte in húlle vuil kolle kan soek?’. Ek staan skuldig voor die boodskap nog vóór my kerkpreek.

So asof Pastoor alles van my oggend af weet, merk hy ewe in sý preek op dat ons as Christene nie van alle mense hoef te hou nie, maar dat ons wel geroep is om almal lief te hê. Dit kan ons net doen as ons na ander kyk deur die bril van Jesus se liefde.

Na kerk was ek my kombuisvloer silwerskoon. Maar die vuil kol se hart sal ek vir altyd onthou.

This entry was posted in Geestelik, Hartsdinge. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s