Abigail

Ek loop ‘n juweel raak in Uninvited deur Lysa TerKeurst, ‘n kragtige boek oor die tema van verwerping en sy langtermyn gevolge.

In die boek beskryf die outeur hoe dat Dawid, in die Bybelboek 1 Samuel, aan’t vlug vir Koning Saul, by Nabal se grond verbygaan. Nabal is juis besig om ‘n fees te hou, en Dawid stuur van sy manne om proviant vir die honger bende te gaan vra. Nabal antwoord as volg, wat dan ook woordeliks aan Dawid oorgedra word.

Nabal answered David’s servants, “Who is this David? Who is this son of Jesse? Many servants are breaking away from their masters these days. Why should I take my bread and water, and the meat I have slaughtered for my shearers, and give it to men coming from who knows where?” David’s men turned around and went back. When they arrived, they reported every word.
1 Samuel 25:10‭-‬12 NIV

Dawid is briesend kwaad daaroor. In so ‘n mate dat hy bevel gee dat Nabal en al die mans op sy gronde doodgemaak moet word. ‘Is dit nie ‘n oordrewe reaksie nie?’, spekuleer die outeur. Jy wil nie vir my kos gee nie, dan maak ek jou en al die mans op jou grond dood. Die outeur gee ‘n moontlike verduideliking vir Dawid se optrede. Nabal se onverskillige woorde het dalk ‘n wond van vorige verwerping in Dawid se hart getref. Oor die oorsprong daarvan, sê die skrywer, hoef sy nie diep te delf nie.

Toe die profeet Samuel deur die Heer na Jesse se huis gebied is om die nuwe Koning aan te wys, is al Jesse se seuns in ‘n ry aangetreë. Behalwe Dawid. Die rede wat Jesse aanvoer – Dawid moet die skape oppas. Wat ‘n belaglike rede, voer die skrywer aan. Sou daar geen werker wees wat Dawid kon gaan aflos vir die groot gebeurtenis in die huishouding nie? Soos wat in elke geval gebeur het toe Samuel, via God se instruksie, aandring dat Dawid lsat haal word. Nee, Jesse het waarskynlik gereken dat Dawid eenvoudig nie van ‘n koninklike stoffasie gemaak is nie. In sy pa se oë skiet Dawid te kort. Haal hy nie die paal nie. Maar God kyk anders as mense en Dawid word tot koning gesalf. Tog het pa Jesse se optrede dalk ‘n verwondheid in Dawid se hart gelaat. ‘n Wond waaraan Nabal se woorde en gesindheid pynlik torring en woel.

Jesse had seven of his sons pass before Samuel, but Samuel said to him, “The Lord has not chosen these.” So he asked Jesse, “Are these all the sons you have?” “There is still the youngest,” Jesse answered. “He is tending the sheep.” Samuel said, “Send for him; we will not sit down until he arrives.” 1 Samuel 16:10‭-‬11 NIV

Abigail, Nabal se vrou, hoor van die debakel en sy tree vinng en beslis op. Sy voldoen aan Dawid se versoek aan voedsel – mildelik. Maar sy voldoen ook aan Dawid se onuitgesproke emosionele behoeftes wat deur emosionele verwondheid veroorsaak is. Sy bedien Dawid met woorde van Lig en Heling deur reg in sy hartswonde in te spreek.

“Please forgive your servant’s presumption. The Lord your God will certainly make a lasting dynasty for my Lord, because you fight the Lord’s battles, and no wrongdoing will be found in you as long as you live. Even though someone is pursuing you to take your life, the life of my Lord will be bound securely in the bundle of the living by the Lord your God, but the lives of your enemies he will hurl away as from the pocket of a sling. When the Lord has fulfilled for my Lord every good thing he promised concerning him and has appointed him ruler over Israel, my Lord will not have on his conscience the staggering burden of needless bloodshed or of having avenged himself. And when the Lord your God has brought my Lord success, remember your servant.”
1 Samuel 25:28‭-‬31 NIV

Dawid reageer op haar woorde deur sy bevel om dood te bring terug te trek en Abigail te bedank dat sy hom van onnodige bloedvergieting weerhou het. Nabal sterf tien dae later aan die hand van die Here, en Dawid laat haal vir Abigail om haar sy vrou te maak.

Die outeur se vertolking van die bekende Bybelse verhaal maak ‘n diep indruk op my. Is dit nie maar so dat daar altyd ‘n storie ágter die storie is nie. Soms kwes ek ‘n ander sonder dat ek dit so bedoel het, soos Jesse. Ek is jammer daaroor. Soms karring ek met ondeurdagte woorde aan ‘n ander se wonde soos Nabal. Ek is jammer daaroor. Soms slaan ek terug met woorde van woede, gebore uit my eie verwondheid, soos Dawid. Ek is jammer daaroor.

Maar mag die Here gee dat ek ook soms woorde van Lig en Heling bring. Woorde wat wonde versorg en verbind en genees. Soos Abigail. En soos Jesus.

This entry was posted in Geestelik. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s