Hy staan by die verkeerslig, die bedelbordjie hang aan ‘n tou om sy nek. Ek reik na die sak met geblikte vleis, waarvan ek elke maand vir dié uitsluitlike doel ‘n vasgestelde hoeveelheid koop en in my motor hou. Ek hou die blikkie sodat hy dit kan sien en vra: ‘Sal jy hierdie kan gebruik?’. Gretig neem hy die blikkie in ontvangs en sê: ‘Dankie Mma’. En wyl my voet op die brandstofpedaal voor die groen verkeerslig luier, groet hy gou. ‘Geseënde dag’.
Ek ry met ligte hart weg. Om te gee is om te ontvang.
Daardie ‘God sal jou seën’ of watter seën hulle ookal vir jou teruggee, vat ek met albei hande, my hart rn verstand. Die bullybeefidee is baie oulik.