Konstruksiewerk

Ek lees ‘n besondere gedagte raak in Billy Graham se boek, ‘Nearing Home’. Hy beskryf naamlik hoe sy vrou Ruth, op ‘n dag iewers heen op pad is en op haar roete deur ‘n pad wat onder konstruksie is, moet ry. Versigtig volg sy die aanwysings wat waarsku oor kronkels en draaie, en ompaaie aanbeveel. Oplaas sien sy ‘n kennisgewingbord wat lui: ‘End of construction. Thank you for your patience.’

Terug tuis deel sy oor die ondervinding met haar familie. En versoek toe, in ligte luim maar met erns, dat die woorde op die kennisgewingbord as haar grafskrif sal diens doen. ‘n Versoek waaraan haar familie toe ook na haar dood in later jare voldoen het.

‘End of construction. Thank you for your patience.’

Dit is ‘n groot waarheid. Deur my ganse aardse lewe werk God in my om my meer soos Jesus te maak. In die proses moet ons inderdaad soms maar geduldig wees met mekaar – en met onsself! Maar die dag wanneer ek my aardse liggaam agterlaat, word ek ‘n volmaakte wese. Om vir tyd en ewigheid saam met my Heer in ‘n hemelse heerlikheid verder te leef. Soos my liefste Pappa nou.

Die oomblik wanneer ek my laaste asem uitblaas, is die konstruksie werk voltooi. Dankie Heer, vir genade onbeskryflik groot.

This entry was posted in Geestelik. Bookmark the permalink.

1 Response to Konstruksiewerk

  1. Toortsie sê:

    Onder konstruksie. Pragtig.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s