Die ring

n Paar weke na my Pa se dood kry Moeder ons in die kombuis bymekaar en oorhandig plegtig aan elkeen ‘n geskenk.   Iets van Pa.

My geskenk slaan my asem weg.   Pappa se trouring!  Ek besef dadelik dat die gee van hierdie geskenk baie van my Ma moes gevra het.   Daar is nie woorde om my dankbaarheid en waardering daarvoor te omvou nie.

Ek laat die ring kleiner maak by ‘n juwelier en dra dit sedertien elke dag.  Wanneer ek verlang streel ek oor die ring wat Pappa elke dag vir meer as vyftig jaar lank gedra het, of raak dit teer teen my lippe.   ‘My Pa is nou altyd by my’, vertel ek die mense na aan my.

Ek lees onlangs ‘n ongelooflike Skrif raak in Spreuke 1 van ‘The Message’ vertaling.

Pay close attention, friend, to what your father tells you; never forget what you learned at your mother’s knee. Wear their counsel like a winning crown, like rings on your fingers.
Proverbs 1:8‭ MSG

Hoe kosbaar, dat my Pappa se ring nou ‘n simbool word van elke lewensles wat hy geleef en geleer het.   Sy nederigheid.   Sy opregtheid.   Sy standvastige geloof.  Sy groot kapasiteit om lief te hê en sy onwankelbare lojaliteit.   Sy liefde vir die lewe.   Jonk van gees en hou van pret en speel.  

Pa is net maar my Pappa.   En so sal ek hom vir altyd onthou.

Gelukkige een-jaar-in-die-Hemel, PappaLief.

Liefde ís vir altyd. En daarna.

This entry was posted in Hartsmense, Hemellinge, Liefde. Bookmark the permalink.

1 Response to Die ring

  1. mooi geskryf. Hoe heerlik o jou pa se lewe te kan celebrate!!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s