Monthly Archives: Januarie 2013

Comrades Roadshow

‘n Comrades Roadshow is hierdie week in my stad aangebied, en ek was buite myself van opgewondenheid oor die geleentheid. My eerste Comrades Roadshow! Die geleentheid het begin met die weergee van statistiek wat ek baie interessant gevind het. Die … Lees voort

Posted in Hardloop | 1 Kommentaar

Balans

Kort voor die nuwe skoolkwartaal begin neem ek vir Liefkind dokter toe met ‘n maaggog wat nie sy ry wil kry nie. Dokkie vertel dat die stad vol is van genoemde gog, en dat ons die hulp van antibiotika sal … Lees voort

Posted in Liefkind | Lewer kommentaar

Nag-maraton

Ek het Saterdag my eerste nag-maraton gehardloop. Ek, my sus, vriendin Ella, en haar vriendin is die dapper partners-in-crime. Ek het rasend uitgesien na die groot avontuur, dit is die eerste keer ooit dat ek so ‘n naweek aanpak. Ek … Lees voort

Posted in Hardloop, Mymeringe | Lewer kommentaar

Ma en dogter

Onlangs lees ek die volgende aanhaling: ‘A daughter is a little girl who is growing up to be her mother’s best friend’. Die stelling raak my hart om twee redes. Die eerste is dat ek die moeder van ‘n wonderlike … Lees voort

Posted in Liefde, Liefkind | Lewer kommentaar

Soos my pappa

Ek het ‘n wonderlike praktiese man. Die keer kort nadat ek buite die gebou waar ek in die middestad werk beroof is, koop hy vir my ‘n skok-toestel om voornemende rowers mee af te skrik. Kort daarna volg ‘n arm-sakkie … Lees voort

Posted in Liefde, Liefkind, Ligweg | Lewer kommentaar

Die droom

Ek besef skielik dat my liggaam iewat lanklaas haar maandelikse aksie uitgevoer het. Ek pluk my dagbeplanner uit ‘n laai en begin dae tel. Sewe en dertig. Sjoe….!? Ek raak versigtig aan my borste, dit voel swaar en teer. My … Lees voort

Posted in Mymeringe | Lewer kommentaar

Pa se hart

Dit is weer tyd vir my pa se jaarlikse ondersoek by die hartspesialis. Dit is moeilik om te glo dat daar al ag jaar verloop het sedert my pa se hartaanval, wat ‘n groot impak op ons hele gesin gehad … Lees voort

Posted in Liefde | Lewer kommentaar

Keuses

In die feestyd ry ons eendag vir ‘n kuier en ‘n skyf waartlemoen na skoonpa- en ma se huis. Naby hul huis sien ons hoe ‘n wit bakkie reg op die sypaadjie van ‘n inkopiesentrum afpyl na waar ‘n ouerige … Lees voort

Posted in Geestelik | Lewer kommentaar

Graad 2, hier kom ons!

Dit voel soos gister wat ons ons graad 1’tjie vir die heel eerste keer grootskool toe geneem het. Sy was opgewonde en bangerig alles in een, maar het vinnig die klimraam raakgesien en in haar element daarop begin speel en … Lees voort

Posted in Liefkind | Lewer kommentaar

Sondagoggend skuins voor 5 kom kruip Liefkind tussen Pa en Ma in. Sy haak haar bene oor Ma vir lekker-le. Dan besluit sy sy kry warm en die bene skiet ‘n boog tot bo-op die duvet. Sy heroorweeg en wriemel … Lees voort

Posted on by johannavr7 | Lewer kommentaar