Category Archives: Hartsmense

Moedersdag

Jy het nie meer ‘n ma nie. Jy is nog nie ‘n ma nie. Moedersdag is ‘n seer dag vir jou. En tog… Tog weet ek van iemand, dalk meer as een, wat erg moederlik teenoor jou voel. Tog weet … Lees voort

Posted in Hartsmense, Liefde | Lewer kommentaar

Goeie Vrydag

Vir die afgelope drie jaar huil ek met elke enkele nagmaalsdiens in my kerk my oë uit. Snot en trane, skouers rukkend. Al is ek ‘n privaat mens wat ongemaklik voel oor ‘n openbare vertoon van emosies. Drie jaar gelede, … Lees voort

Posted in Hartsmense, Hemellinge, Liefde | 2 Kommentaar

En daarna

Ons stap teen wil en dank aan na die derde herdenking van Pa se weg wees. Ek is heeltemal onkant gevang deur die storm wat dit in my loswoel. Opnuut. Ek worstel en stoei met die ding van die drie … Lees voort

Posted in Hartsmense, Hemellinge, Liefde | Lewer kommentaar

24 Desember

24 Desember is ‘n ingewikkelde dag. Die dag van die groot voorbereidings vir Krismis. Komaan, voel feestelik en kry die skaapboud en koekstruif gereed! 24 Desember is ook Pa se verjaardag. Maar dis in dees jare dat ek glad nie … Lees voort

Posted in Hartsmense, Hemellinge, Liefde | Lewer kommentaar

Die WOW in ouerskap

Jong Pastoor spog gereeld met haar seuntjie, een van die dae een volle jaartjie oud. Sy vertel hoe baie sy en haar man eenvoudig na die klein mensie staar. Gereeld vir mekaar sê, ‘Wow, het jy gesien wat het Kleinman … Lees voort

Posted in Hartsmense, Hemellinge, Liefde, Liefkind, Ouerskap | Lewer kommentaar

Sêdness

‘n Skryfsel uit die donker dae na my liefste pa se heengaan. Daar is ‘n nuwe intrekker in my huis, my hart, my diepste wese. Sy naam is Sêdness. Hy is uiters onvoorspelbaar, soos ‘n veeleisende kleuter of ‘n minnaar … Lees voort

Posted in Hartsmense, Hemellinge | Lewer kommentaar

Twee jaar

Dit is vandag twee jaar vandat my liefste Pa weg is Hemel toe. Ek kan steeds nie die woord ‘dood’ in konteks met my pa gebruik nie. Of dalk wíl ek net nie. En dis okei. Twee jaar. ‘n Oogwink … Lees voort

Posted in Hartsmense, Hemellinge | 1 Kommentaar

Pa is in my tuin

‘n Kort tydjie na my pa se dood het die struikie wat so welig langs sy trotse Koi-visdam by my grootwordhuis gedy het, in die harde sement op my stoep reg voor my slaapkamervenster opgekom. Baie kilometers van my grootwordhuis … Lees voort

Posted in Hartsmense, Hemellinge | 2 Kommentaar

Verlang…

My liefste pappa sou vandag sy tagtigste verjaardag gevier het. Dit sou ‘n viering wees waarna ek lank uitgesien, en haarfyn beplan het. Natuurlik sal ek met alles in my, hom by my wou hê vandag. Ek kies vandag om … Lees voort

Posted in Hartsmense, Hemellinge, Liefde | Lewer kommentaar

Waaraan wil ék geken wees?

Ek lees onlangs twee besondere Skrifgedeeltes raak wat my aan die dink sit. Die eerste is ‘n beskrywing van Josef van Arimatea wat verantwoordelikheid vir Jesus se liggaam na die kruisiging aanvaar het; soos beskryf in Markus 15 in ‘The … Lees voort

Posted in Geestelik, Hartsmense, Hemellinge, Liefde | 1 Kommentaar