Monthly Archives: Junie 2016

By die huis!

Een van die mooiste seĆ«ninge in my lewe is dat beide my ouers nog leef en dat albei relatiewe goeie gesondheid geniet. Boonop woon hul steeds in my grootwordhuis. ‘n Naweekkuier by my ouerhuis word steeds na verwys as ‘huis … Lees voort

Posted in Hartsmense | 1 Kommentaar

Diversiteit

Die hakkies van skoene woerts op-af deur die gang. Altyd aan vure doodsmoor. Altyd aan krisis afweer. Altyd op ‘n draf. Langbeen, seninglyf, hare argeloos in bokstert saamgevat. Poog hy dapper die drade in die plek raakvat. Wip sy bure … Lees voort

Posted in Ligweg | Lewer kommentaar

Trots op jou!

In ‘n prestasie-mal samelewing, is dit vir my besonder lekker om tekens van innerlike groei in my kind te bemerk. Soos…. Wanneer sy ‘n nuwe vaardigheid onder die knie kry, wat nie gewoonlik in die normale gang van die lewe … Lees voort

Posted in Liefkind | Lewer kommentaar

‘n Kind met deernis

‘n Kundige deel onlangs dat dit die beste sou wees om jong kinders teen blootstelling aan die ellende in die lewe te verskans. Ek verskil van die siening dat kinders wat in ‘n stabiele, gesonde omgewing grootword, doelbewus weggehou moet … Lees voort

Posted in Ouerskap | 1 Kommentaar

‘n Slim dag

My beroep is intellektueel van aard. Dit is soos om die hele dag Wiskunde te doen. Gelukkig hou ek baie van Wiskunde. Dit is meestal baie uitputtend om die hele dag maniere te bedink om my rekenaar sover te kry … Lees voort

Posted in Ligweg | 1 Kommentaar

Slangetjies en leertjies

Doom deel Sondag dat hy kleintyd MAL was daaroor om slangetjes en leertjies te speel. Sommige dae was hy onkeerbaar. Hy het die een ses na die ander met die dobbelsteentjie gegooi en deur die blokkies op die speelbord gevlieg. … Lees voort

Posted in Geestelik | 1 Kommentaar

Dis my mishoop!

Ek en Liefkind leer idiome. Sy haak vas by: ‘Elke haan kraai koning op sy eie mishoop’, en vra wat die idioom nou eintlik beteken. Ek verduidelik dat haar slaapkamer haar ‘mishoop’ in ons huis sal wees. ‘n Plekkie wat … Lees voort

Posted in Ligweg | Lewer kommentaar

God in klein dingetjies

My dogter het ‘n heilige ontsag vir groot honde. Veral vir die bure oorkant die pad se boerboel. So vertel Liefkind paniekerig dat die grote boerboel met sy voorpote bo-op die bure se klein betongheining staan en blaf wanneer sy … Lees voort

Posted in Geestelik | 1 Kommentaar

‘n Juffrou met engele-vlerke

‘n Onderwyseres met juffrou Lizelle se kwaliteite is skaars en dun gesaai. Sy is nie net ‘n besonder knap onderwyseres nie, maar ook ‘n baie besondere mens. Sy was Liefkind se graad-juffrou in haar eerste skooljaar, en geen tans vir … Lees voort

Posted in Inspirasie | 1 Kommentaar