Monthly Archives: Desember 2013

2013 – my terugblik

Hierdie tyd van die ‘n jaar is ‘n goeie tyd om die jaar wat verby is in retrospek te bepeins.   2013 het sy kwota uitdagings meegebring, maar in wese was 2013 ‘n jaar van genade. Ek het ‘n klompie jare … Lees voort

Posted in Mymeringe | Lewer kommentaar

Garfield-kat

Hy was ‘n maer, tengerige ou dingetjie, die kleinste  en swakste katjie in die werpsel.   Dit was sonder twyfel die rede hoekom sy mense-ma juis vir hom gekies het, ‘n afvlerk het haar nog altyd soos ‘n magneet getrek.   Sy … Lees voort

Posted in Mymeringe | 2 Kommentaar

Oudword is nie vir sissies nie…

Die gryskop apteker agter die toonbank frons geïrriteerd en praat  ongeduldig met die kliënt wat voor hom staan.   Ek hoop vuriglik dat ek nie by die befoeterde ou oumie gaan land nie.   Maar toe ek voor in die … Lees voort

Posted in Mymeringe | Lewer kommentaar

Ode aan ‘n ikoon

Wanneer ek aan Madiba dink, sien ek ‘n strewe na vryheid, verdraagsaamheid, onvoorwaardelike vergifnis. Wanneer ek aan Madiba dink sien ek ‘n bereidwilligheid om die prys te betaal vir ‘n grootse droom. Ek sien ‘n oproep tot eenheid, ‘n heerlike … Lees voort

Posted in Hemellinge, Inspirasie | Lewer kommentaar

2013 – my hardloopjaar

Ek het die naweek die laaste wedloop in my 2013 lisensienommer gehardloop.    Die wete laat my erg nostalgies voel.   Ek dink terug aan die wedlope wat ek hierdie jaar gedoen het.      Die hoogtepunte en laagtepunte, die swaarkry en euphoria. Die … Lees voort

Posted in Hardloop | Lewer kommentaar

‘n Pienk rosie

Na werk stop ek by CHOC huis om die pragtige CHOC resepteboek te koop wat ek vir iemand as ‘n verjaardaggeskenk wil gee.  CHOC is ‘n kosbare instansie waar kinders wat aan kanker ly, kosteloos vir die duur van hulle … Lees voort

Posted in Hartsdinge, Liefkind | Lewer kommentaar

Die voetspore in my hart

Ek lees die volgende stelling en dit roer my hart. Most people walk in and out of your life,  but FRIENDS leave footprints on your heart. Ek dink aan vriende wat hemel toe verhuis het, en wat ek nie weer … Lees voort

Posted in Hartsmense | Lewer kommentaar

Foto’s

‘n Vriendin stuur vir my ‘n webskakel na aangrypende foto’s.   ‘n Soldaat wat  vir die eerste keer sy babadogtertjie vashou, sy gesig vertrek van emosie.  Nog ‘n geharde soldaat wat vir ‘n piepklein babakatjie melk uit ‘n tietiebottel gee.    ‘n … Lees voort

Posted in Hartsdinge | Lewer kommentaar

Desember

Op ‘n sosiale netwerk verskyn ‘n stelling:  “Voltooi:  hierdie tyd van die jaar (Kersfees) laat my …… voel”.    Verstom sien ek dat die oorgrote meerderheid van die response op die stelling ‘n negatiewe strekking het.  Vir baie mense bring Kersfees … Lees voort

Posted in Geestelik, Hartsdinge, Hartsmense, Liefde, Mymeringe | 1 Kommentaar

Kampeer bo!

Ons vat die langpad kort nadat Liefkind van die skool af kom.   Ek pak vir haar ‘n sak met besig-hou dinge, en sy speel so lekker dat daar nie eers een “Hoe ver is dit nog…?”-piep van die agtersitplek af … Lees voort

Posted in Hardloop, Hartsdinge, Liefkind | 1 Kommentaar