Monthly Archives: Januarie 2017

Skool-eksamens

Daar is baie dinge in hierdie lewe wat ‘n mens goedsmoeds aanvaar wanneer jy jonk is, maar soos wat jy ouer word, begin jy daaroor wonder. Vir my is die kwessie van skool-eksamens ‘n goeie voorbeeld daarvan. My pre-teen is … Lees voort

Posted in Ouerskap | Lewer kommentaar

Gradering van openbare badkamergeriewe

Met die groot uittog see toe het ek eindelose openbare badkamers op die proef gestel, so gedwing om die onafwendbare ‘nood’ te verlig, en so ‘n standaard ontwikkel waarvolgens openbare badkamergeriewe gegradeer kan word. Aan die bo-punt van die lys … Lees voort

Posted in Ligweg | Lewer kommentaar

Vakansie-vergrype

Ek het die see-vakansie ingegaan met die beste voornemens in die wêreld om streng by die Banting-eetplan se riglyne te hou. Regtig, ek het. Sodat ek met ons eerste eetslag by Hopp’s restaurant neffens die see in Balito, gevra het … Lees voort

Posted in Leefstyl | 1 Kommentaar

Wonderbaar

Vir eindelose oomblikke sit ek op ‘n rots, turend na die see. Elke sintuig fyn gespan – wind in die hare, soutreuk in my neus, ruising in my ore. Branders storm onverskrokke strandwaarts, stamp koppe met ‘n rotsbank en sit … Lees voort

Posted in Mymeringe | 1 Kommentaar

Perspektief

Seevakansie… kampvakansie… geesvakansie… Ek moet erken dat ek aanvanklik eintlik opgesien het na die vakansie in Balito KZN, neffens die see. Die super-besige jaar het my oormoeg en oorweldig gelaat, sodat die pakkery, die lang rit, die tent opslaan – … Lees voort

Posted in Hartsdinge | 1 Kommentaar

Lesse van die droogte

Ons streek is in die greep van ‘n versengende droogte. Vir langer as ‘n jaar al word streng waterbeperkings toegepas, ons mag glad nie ‘n tuinslang gebruik nie. ‘n Mens probeer planne maak, ons laat loop die wasmasjien se uitloopwatertjies … Lees voort

Posted in Geestelik | 1 Kommentaar

Wat het jy dan nodig?

My pre-teen se huidige gunsteling televisieprogram is ‘The Flash’. Dit gaan oor ‘n gelyknamige superhero wat oor bonatuurlike kragte beskik, onder meer om terug in tyd te reis, wat hy dan inspan om die wêreld te red. ‘Na watter tydsgleuf … Lees voort

Posted in Liefkind | 1 Kommentaar